Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Papband-hulp wys: Dis wonderlik
Nov 19 2008 12:15:01:447AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Niemand kan stry nie ons woon in ’n land waar ons negatief gestem word. Praat nie eers van die finansies nie, maar veral rondom menseverhoudinge. Die tragiese gebeure rondom die Skielik-skietery, plaasmoorde, uitlatings van politici en aspirant-politici krap partykeer op ’n plek waar dit nie jeuk nie.

Ek glo nog altyd aan die 80/20-beginsel.

Dat Dat 80% van ons land se mense (alle bevolkingsgroepe ingesluit), so glo ek, het nie ’n probleem met mekaar nie.

Die probleem word veroorsaak deur die 20%. Hierdie week het ek dit prakties beleef.

Ek kry ’n telefoonoproep van ’n man wat ek nie ken nie, wie se seun 20 km van ons dorp af gestrand staan met ’n gebarste band en geen noodwiel nie.

Die seun se selfoon is nou al pap gebel soos hy hulp soek.

Ons ry toe uit soontoe en kry toe ’n jong seun by die bakkie. Die eienaar is saam met twee boere weg om ’n wiel te gaan soek. Vroeër die dag het twee swart plaaswerkers ook daar gestop en is weg met die wiel met die belofte dat hulle ’n band sal gaan soek. Hulle is so lank al weg dat ons aangeneem het dat hulle laat spat het met die velling.

Omtrent 5-uur die middag (hulle is toe al 12 uur weg) kom die werkers terug met die wiel en begin dadelik die wiel terugsit. Hulle vra net verskoning en sê hulle moes eers gaan geld leen om die band te betaal.

Hulle het selfs ’n bottel koeldrank vir die gestrandes saamgebring. Van betaling wou hulle nie weet nie, hulle het hulle name en selfoonommers gelos sodat hulle later gekontak kan word vir die betaalslag.

Net toe kom die boere terug, ook met ’n nuwe wiel wat hulle gaan koop het – met brood en koeldrank. Die betaling kon ook wag.

Is dit nie wonderlik nie? Hierdie twee groepe het bewys dat die gewone mens maar nog steeds die sout van die aarde is wat vir ander omgee.

Is dit nie die bewys ons moet ons nie steur aan wat politici kwytraak nie, maar net in liefde uitreik na mekaar? Dan lê daar ’n groot toekoms vir ons land voor.

Theo Visser
Welkom

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer