Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Rugby-bestuurslede skok
Nov 20 2008 12:07:17:393AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die berig, Vonke spat op GWRU-verkiesing (18/11/08) verwys.

As waarnemer, by die Griekwas se jaarvergadering op 15 November, het ek alles totaal anders ervaar as wat Henry Hopley berig het.

Dis skokkend om te sien dat senior bestuurslede die hoogste gesag in die GWRU probeer ontwrig, geen respek vir orde het nie, geen dissipline of menswaardigheid openbaar nie en so laag daal om, terwyl die heer van PWC die finansiële jaarverslag aanbied, dit te ontwrig met op- en aanmerkings.

’n Individu uit Logan dring daarop aan om te kom stem, maar kan geen registrasiedokumente voorlê soos deur die grondwet bepaal nie, maar Conroystreek laat ’n heer uit Douglas, wat toevallig in Kimberley-streek werk en bly, vir hulle stem.

Die Afrigtersvereniging het die vorige aand hul jaarvergadering gehad, waar Kimberley vier persone vir posisies benoem het, maar hulle daag nie op nie en het die vermetelheid om nog beswaar daarteen te maak.

Waarom skryf Hopley nie dat Kimberley se voorsitter ná die vergadering bevestig het dat hulle die afrigters se vergadering geboikot het omdat hulle geweet het hulle sou die verkiesing verloor?

Die PWC- finansiële verslag wys administratiewe ongerymdhede in die vorige hoof van die uitvoerende bestuur se kantoor uit wat indringend ondersoek moet word. Is dit genoem?

Ek kan my nie vereenselwig met hierdie kwaadstokery, ongedissiplineerdheid en dreigemente nie, sodat ’n bestuurslid “time-out” moet vra om te herbesin soos sy vrou gedreig word.

Nêrens het een opgestaan en gesê: “In belang van rugby, of ek dien rugby nie.”

Ek het net respek vir die nuwe borg GWK wat trots was om die aankondiging te doen en hom toe in barbaarsheid moes vasloop, asook vir PWC se professionele optrede.

Toe ek daar wegloop en nog wonder wie hiervoor verantwoordelik kan wees, gil Desmond Pitt in die gang:

“Sorry Cassie we tried our best for you, but could not succeed.”

My raad is: Moet nie aan ’n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.

Sit om die tafel en los jul geskille ordelik op, behou die menswaardigheid en moet nooit ooit weer sulke barbaarsheid openbaar nie.

Braam van der Westhuizen
Posbus 1966, Kuruman

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer