Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Leer liefs by Margaret
Hou Koers Met ’n tikkie opgewondenheid het ek ene Ilde Roos se Goeiemôre-rubriek met die belowende titel Wat seg jy, ou Voortrekker? (19/11/08) gepak. Waaroor sou dit tog gaan? Die opgewondenheid het gou plek gemaak vir ontnugtering. My oë het sonder opdrag begin paragrawe oorslaan om langdurige irritasie te vermy. Vir my straf moes ek later weer alles lees toe ek besluit om te reageer. Die Nedfrikaans in die opskrif is op plekke in die stuk self met betekenislose of oordrewe Engfrikaans vervang. Baie van haar “creature comforts” het niksseggende kreature geword. Sy is skynbaar so selftevrede in haar eie wêreldjie dat sy nie eens kennis neem van wat in Volksblad self van die moderne Voortrekkers geskryf en uitgebeeld word nie. Is sy dalk in die redaksie? Dan moes sy al gesnap het dat die Voortrekkerdrag waarna sy verwys, jare lank nie meer in gebruik is nie. Dat die duisende moderne Voortrekkers nie ’n beweging met ’n streng militêre inslag is nie en verkies om as moderne jong Afrikaners bekend te staan. Jong Christen-Afrikaners, nie omdat iemand hulle daarin gedwing of daarvoor beloon is nie, maar omdat hulle uit vrye wil daarmee assosieer. Soos sy assosieer met baster-Afrikaans. Sy is onder die indruk dat die “regte, egte Voortrekkers” van destyds die Drakensberge kaalvoet aangedurf het. ’n Saak wat sy “in elke geval” in haar onkunde betwyfel. As sy egter haar opskrif wat vra wat die ou Voortrekker sê, reg en eg uitvoer, sal sy hoor dat daar nooit op so iets geroem is nie. Susanna Smit het wel met die Engelse inname van Natal gesê dat sy liewer dit sou doen as om weer onder die Engelse bewind te staan. Neem maar ’n blaadjie uit Margaret Bakkes se treffer van ’n aantal jare gelede: Susanna die geliefde. Margaret kom goed reg sonder die oormaat vreemde en skuinsgedrukte “trefwoorde” waarna Ilde moet gryp.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|