Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Die jaar van die '68 breëbors-rebellie
In 1968 het ek die goeie lewe geniet saam met my eerste vrou en eerste baba, in ons eerste huis. Ek het die suksesgolf van my eerste toneelstuk gery, en my eweknieë het my begin sien as iemand met ’n politieke twyfeling. Dit sou nog ’n hele paar jaar wees voordat ’n bekende linksgesinde regisseur, toe hy gevra is wat volgens hom ’n tipiese “koninklike hoftoneelstuk” is, geantwoord het dis ’n stuk wat nié deur Tom Stoppard geskryf is nie. Maar toe al was ek bewus van ’n gevoel binne my wat my losgemaak het van die heersende gees van opstand – hoe salig was die lewe nie in daardie nuwe tyd nie, maar om werklik jonk te wees moes ’n mens wees waar dinge gebeur. Die “gevoel” waarvan ek praat, was skaamte. Ek het my geskaam vir die slagspreuke en die stand van rebelsheid in ’n samelewing wat, in Londen net soos in Parys, sedert Wordsworth se jongdae al ver gevorder het. Vir my het dit gelyk na die mins vrotste stelsel waarin ’n mens gebore kan word – die ope, liberale demokrasie waarvan die kern was om meningsverskille te duld. Ek is egter nié daarin gebore nie. Jy hoef nie eintlik ’n opgeleide sielkundige te wees nie om tot die gevolgtrekking te kom dat ek in 1968, 22 jaar sedert ek die wêreld ingekom het, baie meer geneig was om Engeland, my aanneemland, te verdedig as om sy foute uit te wys. Al wat waarskynlik sou gebeur as my pa die oorlog oorleef het (hy is in die Verre-Ooste dood), is dat ons gesin in 1946 sou terugkeer na my geboorteland, Tsjeggo-Slowakye – en dan sou ek moes grootword onder die kommunistiese diktatuur wat twee jaar later gevolg het. Soos die meeste mense het ek geweet alles in die Weste is nie heeltemal pluis nie, en natuurlik is die helfte ons nie eens vertel nie – ’n mens weet mos nooit alles nie. Maar toe die troepe van die Warschau-verdrag Tsjeggo-Slowakye in Augustus 1968 binneval en beset – ’n daad wat eenvoudig die voortslepende besetting van Oos-Europa onderstreep het – het my verleentheid oor ons agitprop-akteurs se “revolusie” in afkeer verander. Wat my gewalg het, was die geïmpliseerde samesmelting van twee wêrelde wat lynreg van mekaar verskil. Die “vrye Weste” is, God weet, alte dikwels misvorm deur korrupsie en ongeregtigheid, maar die vergrype het ’n mislukking van die model verteenwoordig – en dis algemeen so erken. In die Ooste het die vergrype egter die model in sy volle werkende toestand verteenwoordig. ’n Onbenullige voorval wat sekerlik mense se ergste vermoedens oor my bevestig het, was toe ek gevra is om ’n protesvorm teen “sensuur” te teken nadat ’n koerant iemand se manifes van die hand gewys het. “Maar dis nie sensuur nie,” het ek gesê. “Dis redigering. In Rusland gaan jy tronk toe as jy ’n eksemplaar van Animal Farm het. Dís sensuur.” Die “normaliteit” van kommunisme het staatgemaak op die verdraaiing van taal. My nuwe held, George Orwell, het toe al lankal die siekte in sy eie samelewing gediagnoseer – dus het ek dié soort ding baie ernstig opgeneem. In 1968 was daar ook Parys. Teen Augustus was die rookwalms van Mei weg uit die Franse hoofstad. Daar was gereelde gevegte tussen duisende studente en die onlustepolisie, en dis opgevolg deur ’n vyf weke lange besetting van die Sorbonne én ’n algemene staking. Dit was enorme gebeure dié wat nie veel verflou is – altans uit my oogpunt daar in ’n grasdakhuisie langs die M4 – deur die langjasbetrokkenheid van beroemde filosowe, akteurs en ander liggewers van ’n vrygewige staatskultuur nie. Selfs ná 40 jaar sorg les événements van 1968 steeds – deur assosiasie – dat ons meer gedwonge Engelse weergawe weerklank vind by mense wat vaag bly oor wat in Praag gebeur het en hoekom. Maar vandag beskou ek ons “revolusie” – die besetting van die London School of Economics, die Hornsey College of Art en al die opwinding van daardie onstuimige dae – as nie veel meer nie as losbandigheid. Dít was inderdaad een van die dinge omtrent Engeland waaroor ek mal was. Die Engelse weergawe van ’n kontinentale uitbarsting dui op ’n nasionale karakter wat in beheer is van homself. In Frankryk, Duitsland, Italië en Spanje was moord, ontvoering en bomme deel van politieke aktivisme in al sy uiterste vorme. My Italiaanse uitgewer, een van die mees gesofistikeerde, sjarmante en charismatiese mense wat ek nóg teëgekom het, is later deur sy eie plofstof opgeblaas terwyl hy ’n kragmas buite Milaan probeer vernietig het. ’n Paar kilometer anderkant die Engelse Kanaal het botsings tussen protesgangers en die onlustepolisie nie net brandende motors beteken nie, maar ook omgegooide busse en geboue wat in puin gelê is. Al straatvegter wat óns gehad het, was rock ’n roll. Daar was iets selfbewus aan die opstand hier by ons. Betogings het ’n karnavalgevoel gehad. Ons vergaderings – en ek was na ’n paar toe – was eerbare byeenkomste van plakkers. (Deesdae sou hulle “mediatipes” genoem word wat beplan om die samelewing omver te werp deur 'n tydskrif op die been te bring en te bespreek hoe hulle "die werkers" aan hul kant sou kry.) Trevor Griffiths se fassinerende toneelstuk The Party, wat in 1968 afspeel en by die National Theatre opgevoer is met Laurence Olivier as 'n werkersklas-aktivis wat na 'n vergadering in SW7 genooi word, in 'n huis met 'n vroeë Hockney-werk, vang vir my die deftige einde van '68 perfek vas. Natuurlik was nie alles deftig nie. Die "toneel", soos ons dit genoem het, was meer digbevolk in 'n swerwende ondergrondse toneel van kunsgeleenthede - tentoonstellings, gigs, gebeurtenisse, poësievoorlesings - in donker plekkies rondom Covent Garden en elders, en dis hier waar die woord "revolusie" begin vorm aanneem, dink ek. Dit was nie 'n maatskaplike revolusie nie, maar daar was die besef van 'n kulturele revolusie wat om daardie oomblik gedraai het.
Ongelukkig het ek my ook daarvoor geskaam. Ek was mal oor die musiek en die aantrekkery, maar kon net nie vatplek kry aan die dialoog nie: 'n afgewaterde argot van comrade-jargon en kammawyshede wat afgelei is van Oosterse gelowe wat mense nie mooi verstaan het nie. Dié frase het ek teruggeneem van 'n karakter in my laaste toneelstuk, Rock'n'Roll, wat in 1968 begin. Ironies genoeg is die persoon wat namens my oor die onderwerp van daardie revolusie praat, 'n Marxis. Hy's 'n kommunis van Cambridge met die naam Max wat in 1990, wanneer hy omtrent net so oud is as wat ek nou is, terugkyk.
Hoe hy dit onthou, is dat die jare vyftig die laaste keer was dat vryheid slegs voor jou gewink het as jy jou jeug agterlaat. Teen die middel jare sestig het jong mense weggespring met meer vryheid as wat hulle kon hanteer, maar dit verwar met seksuele bevryding en die vryheid om hoog te raak.
Dus het alles verlore gegaan - in 'n kulturele revolusie eerder as 'n maatskaplike een. "Straatteater," noem Max dit. Deur die verandering van die psige was daar veronderstel om verandering in die maatskaplike struktuur te kom, maar as 'n Marxis weet Max dit werk eintlik andersom: Die enigste manier om die psige te verander is om die maatskaplike struktuur te verander. Die gedagte dat "make love, not war" 'n meer praktiese slagspreuk is as "workers of the world unite" is net so 'n droombeeld as die I Ching.
Ek wens ek het dié man in 1968 geken. Ons sou saam kon skaam voel terwyl ons die spektakel gadeslaan. Hy het fascisme in die agterbuurte en in Spanje beveg, en toe hy sarkasties opmerk dat sy hippie-dogter "dink 'n fascis is 'n berede polisieman in Grosvernor Square", sou ek dalk gesê het "Net so!" of "Dis presies wat ek dink". Maar aan die ander kant sou hy ook my sienings oor 'n paar dinge verander: Eerstens die samelewing wat ek met ope arms aanvaar het - en steeds aanvaar. Wat van daardie vergrype? Is dit werklik so skandelik, of is dit bloot endemies aan die stelsel? En waar begin die grens tussen redigering en sensuur vervaag?
Ek sou nie in 1968 dié vrae aan myself gestel het nie. (Die gebeure van daardie tyd word ondersoek in Revolution 68, 'n uitgawe van The South Bank Show wat op ITV1 vertoon is.) Maar dis nie net ek wat verander het nie. Die samelewing het ook verander. In 2005 het ek in Wit-Rusland 'n onderhoud gevoer met 'n rolprentmaker wat om die gewone redes deur die staatsveiligheidsdiens aangerand is. Hy het 'n paar dinge kwytgeraak wat merkwaardig baie geklink het soos 'n toespraak wat ek in Rock'n'Roll vir 'n Tsjeggiese Anglofiel geskryf het. Wat daardie rolprentmaker in Minsk vir my gesê het, was: "Die feit dat jy jou eerste minister 'n leuenaar en 'n misdadiger kan noem, is nie ['n aanval op] sy deug nie; dit is jou deug." Die artikel wat ek daarna oor Wit-Rusland geskryf het, is geplaas omtrent op dieselfde dag dat Walter Wolfgang, 'n 82-jarige lid van die Arbeidersparty, uit die partykonferensie geskop is omdat hy die minister van buitelandse sake gehekel het. Ek het 'n vrolike poskaart van Harold Pinter gekry.
Die gedagte van die individu se outonomiteit, besef ek, word oral in my skryfwerk geëggo. In The Coast of Utopia het ek die negentiende-eeuse Russiese filosoof Alexander Herzen se eie woorde oor die Engelse in die negentiende eeu gebruik: "Hulle gee nie asiel uit respek vir die asielsoekers nie, maar uit respek vir hulself. Hulle het persoonlike vryheid uitgedink sonder dat hulle enige teorieë daaroor gehad het. Hulle heg waarde aan vryheid bloot omdat dit vryheid is."
As ek in 1968 geweet het wat ons alles sou verkwis - lank voordat ons die verskoning van 9/11 gehad het - sou ek my dalk met minder skaamte by die partytjie aangesluit het, met minder om te verloor. Maar op daardie tyd het alles wat gebeur het, oppervlakkig gelyk vergeleke met die vryhede wat ons uitgedink het - of moet ek eerder sê die vryhede wat jy uitgedink het? Ek was 31, ek het al 14 jaar my brood en botter verdien, ek was te oud, te selfbewus, te monogaam, te bang vir dwelms, te verlief op Engeland - met te veel kwellinge om dit behoorlik uit te kap. ’ ’68 “ Wat my gewalg het, was die geïmpliseerde samesmelting van twee wêrelde wat lynreg van mekaar verskil.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|