Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Maar net ’n kratertjie
As die wêreld môre tot niet gaan, sal David Bullard ’n “barbaar” wees, sê hy. “Ek sal nie ’n rekenaar kan bou nie. Ek sal sukkel om die wiel te ontwerp. Iemand sal my moet koloniseer.” In dié stadium is daar egter min Suid-Afrikaners wat bereid sal wees om Planeet Bullard te koloniseer. En as hulle dit doen, sal dit ’n vyandige besetting wees. Bullard het homself baie ongewild gemaak met sy laaste Out to Lunch-rubriek in die Sunday Times, waarin hy geskryf het hoe Suid-Afrika vandag sou lyk as die land nooit deur witmense gekoloniseer is nie. “Daar is geen paaie nie, want paaie is nie nodig nie, omdat daar geen motors is nie,” skryf hy onder meer in die rubriek. En nou is daar geen Out to Lunch in die Sunday Times meer nie, want Bullard het die koerantbase só ontstel dat hy die trekpas gekry het. En nou kook Planeet Bullard. Daar val suurreën uit sy wolke. “Ek sien Donderdag my prokureur. Ek kry die taaiste, gemeenste regsfirma denkbaar. Hulle het van die verkeerde mens ’n vyand gemaak.” Maar sy planeet tol voort in sy wentelbaan. Die afdanking was net ’n klein meteoriet. Dit het net ’n klein kratertjie gemaak. Hy het nog die wiel en sy rekenaar en hy kan nog skryf. En minstens, sê hy, is daar op sy planeet nog iets soos vryheid van spraak. Die hele debakel is baie uitputtend, sug Bullard waar ons in sy huis in Parktown-Noord in Johannesburg gesels. Hy hardloop verstrooid in sy kombuis rond terwyl hy deur ingewikkelde prosesse gaan om cappucino te maak. Want, het hy vroeër in sy Britse aksent gespot, hy is nou wel ’n rassis, maar hy kan steeds fantastiese cappucino maak – met swart koffie en wit skuim (nie gemeng nie). Bitterheid het deur sy grappie geslaan, want dis vir Bullard ’n erge belediging, hierdie etiket van rassis. En dié gifpen-rubriekskrywer voel nie maklik beledig nie. Sy vel is dik. In een van sy vorige rubrieke het hy gesê dit is soos “water op ’n eend se rug” as mense hom ’n rassis noem. Maar hierdie keer is dit anders, gee hy toe. Hierdie keer steek dit deur sy vel, “want dit is so haatdraend en die aanval is so persoonlik teen my gerig”. Dit verbaas hom, hierdie vreeslike reaksie. “Ek gee al 14 jaar lank aanstoot in my rubrieke. In alle eerlikheid, as ek geweet het van die uitbarsting wat op hierdie een sou volg, sou ek dit nie geskryf het nie.” Tog kan hy nie verstaan dat mense so reageer nie. “Ek is betaal om omstrede en edgy te wees. Moenie na ’n Led Zeppelin-konsert gaan en dan kla die musiek is te hard nie.” Hy dink steeds nie sy rubriek is so erg nie. “Ek het gedink ek het nogal ’n mooi prentjie geskets (van hoe Suid-Afrika sou wees) – vreedsaam en onbesoedel.” En nee, dis nie hoe hy dink Suid-Afrika regtig sonder witmense sou lyk nie. “Die eerste woord van die rubriek is imagine. Dit is ’n fantasiewêreld wat ek uitgedink het ter wille van satire.” Wat hy eintlik met die satire probeer sê het, is dat die hele wit kolonisering deel is van die wêreld se werklikheid. “Dit word genoem die ontwikkeling van die mensdom. Soos evolusie. Dis ’n feit van die lewe. As dit nie ons was nie, sou dit iemand anders gewees het.” Dié werk het hom in die 1980's na Suid-Afrika gebring, waar hy later koerantrubrieke begin skryf het. Sy eerste omstrede rubriek was oor die mense wat in 1994 tydens die Kerstyd na die nuutgedoopte Mandelaplein in Sandton gestroom het. Daar was natuurlik genoeg gif om hordes lesers woedend te maak. "Ek was mal oor die haatpos. It turned me on." Moeilikheid soek is dus vir hom lekker. Hy doen dit vir "persoonlike plesier," sê hy. Maar nou het hy vir eers genoeg, dankie. "Net drie dae hiervan het my uitgemergel. Dis erg om aan die ander kant van die media te wees. Dis veral sleg vir my vrou, Jacquie." Hulle is al meer as 20 jaar getroud, maar het nie kinders nie, "want my vrou is ouer, so dit het nie gebeur nie". Hy is nou 55 en 'n half en hy herinner 'n mens gereeld dat hy finansieel onafhanklik is. Hy het dus nie die Sunday Times-rubriek nodig nie. Die hele ding is dus nie regtig 'n probleem vir hom nie, maar dis wel 'n probleem vir vryheid van spraak, sê hy. "Dis 'n soort sensuur wat jou bekruip. Dis soos die ouderdom. Dis so geleidelik dat jy dit nie agterkom nie. Hierdie was 'n verlies aan vryheid en daar sal meer wees." Daar sal ook meer Bullard wees. Hy oorweeg reeds aanbiedings van ander publikasies. Sy donker kant sal op ander maniere en plekke uitkom. Out to Lunch of te nie, David Bullard gaan steeds uit op middagete. Vanmiddag is dit saam met 'n aantreklike blondine, sê hy. Dis 'n instelling op Planeet Bullard, hierdie "blonde lunches", soos hy dit noem. En aantreklike brunette kwalifiseer ook daarvoor. Maar nie vettes nie, want hy?s 'n "obesofoob" sê hy. Vet mense maak hom bang. Ja, Planeet Bullard is eenvoudig te grof en onbeskof om 'n kombers van ordentlikheid daaroor te trek. Hy sal om die aarde bly wentel en elke nou en dan ons maan van korrektheid algeheel verduister. Uittreksels uit rubriek Imagine for a moment what life would be like in South Africa if the evil white man hadn't come to disturb the rustic idyll of the early black settlers . . . There are no roads because no roads are needed because there are no cars . . . Because they have never been exposed to the sinful ways of the West, the various tribes of South Africa live healthy and peaceful lives, only occasionally indulging in a bit of ethnic cleansing. Their children don't watch television because there is no television to watch . . . Ostentation is unknown because what is the point of trying to impress your fellow citizens when they are not impressible? Every so often a child goes missing from the village, eaten either by a hungry lion or a crocodile. The family mourn for a week or so and then have another child. Life is, on the whole, pretty good but there is something vital missing . . . Fire has been discovered and the development of the wheel is coming on nicely but the tribal elders are still aware of some essential happiness ingredient they still need to discover . . . Then something happens that will change this undisturbed South Africa forever. Huge metal ships land on the coast and big metal flying birds are sent to explore the sparsely populated hinterland. They are full of men from a place called China and they are looking for coal, metal, oil, platinum, farmland, fresh water and cheap labour and lots of it. Suddenly the indigenous population realise what they have been missing all along: someone to blame. At last their prayers have been answered.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|