Die biografie Elita en haar lewe met FW de Klerk het pas by Tafelberg-uitgewers verskyn. Willemien Brümmer het op Wildepaardejacht met Elita gepraat oor die boek, bygelowe en onmoontlike drome.| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 6-24°CVoorspellings |
Die biografie Elita en haar lewe met FW de Klerk het pas by Tafelberg-uitgewers verskyn. Willemien Brümmer het op Wildepaardejacht met Elita gepraat oor die boek, bygelowe en onmoontlike drome.
Tronktralies en geweerlope is waarin Afrika se joernaliste steeds vandag op Wêreldpersvryheidsdag vaskyk. Maar, skryf Waldimar Pelser, daar is nóg ’n front in die geveg om persvryheid.
Wie is jy? Ek is ek. Maar ek weet nie wie ek is nie. Dit sal interessant wees om van By se lesers te hoor wat elkeen sê oor wie hy of sy is.
Wat ’n belaglike week! Twee werkdae uit sewe. Ag nee man, daar is net te veel openbare vakansiedae op ons kalender.
Chanté-Lize van Lieb en Zantie het onlangs mos aan die Little Miss RSA-kompetisie by Sun City deelgeneem. En sy het goed gevaar. Sy is as Little Miss Personality aangewys.
Ek kry dikwels e-pos met navrae van voornemende vermaaklikheidskunstenaars oor hoe hulle ’n deurbraak in die bedryf kan bewerkstellig.
Me. Susan Shabangu, adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, se onlangse uitlating dat die polisie die “bastards”, oftewel misdadigers, moet doodskiet ongeag die betrokke regulasies of die Grondwet, wys hoeveel ons tog gemeen het as Suid-Afrikaners.
Die reaksie op David Bullard se laaste Sunday Times-rubriek was groot en giftig. Hy is opgehang en uitmekaar getrek.Marida Fitzpatrick het Planeet Bullard ná die bloedbad besoek en tog tekens van lewe gevind.
Dit is hoog tyd dat Monhla Hlahla, Khaya Ngqula en Mavuso Msimang gesamentlik verantwoordelikheid aanvaar vir die chaos in die internasionale aankomssaal van die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park.
Daar ís ’n plek in Suid-Afrika waar misdaad nie ’n probleem is nie. ’n Plek onaangeraak deur
Eskom se beurtkragskedule. Herman Scholtz vertel van die land van nagemaakte Crocs, “sôdie” en ’n wit Zoeloe.
Die studente-opstande 40 jaar gelede in Parys en Londen het ons skrywer met 'n heftige afkeer vervul. Die betogers het 'n tipe vryheid gehad wat 'n mens hulle beny, maar hulle het geen benul gehad hoe gelukkig hulle is nie.
Loerbroer is hier. Hy lewe en hy is magtig. |
Barry Ronge sien méér as net tienerromanse en vulgêre grappe in Bakgat!. Marida Fitzpatrick het met hom gaan praat oor jong Afrikaners, ou tradisies en daardie donker plek waarvandaan flieks en drome ko.
Vroegoggend bel my pa. Kom liewer Ventersdorp toe, sê hy. Kom huis toe. Dis veiliger hier as in Pretoria. En as ek kom, moet ek sommer so dertig blikkies sardientjies saambring, want op Ventersdorp is niks meer sardiens nie. Hy het die laaste paar blikkies in Alex se winkel gekoop
Prof. Anton van Niekerk, voorsitter van die departement filosofie aan die Universiteit Stellenbosch, bekyk die agtste “grondvraag” van die geesteswetenskappe uit die lys van tien wat in ’n uitgawe van die Duitse blad Der Spiegel (47/2007) verskyn het.
Ek het niemand van daardie konstabel vertel nie. Tot vandag toe nie. Die hondeskool se vertoonspan het eens op ’n tyd mos die land so vol gereis en op skoue, Dingaansfeeste, Republiekfeeste, selfs op skoolkermisse opgetree.
Dis altyd goed om elke nou en dan op ’n ander planeet te sit en te kyk na die spikkeltjie in die verte. Suid-Afrika.
André Pretorius lewer 'n oorsig van die jaar waarin gebeure plaasgevind het wat vandag nog, veertig jaar later, in die w#234;reldpolitiek eggo.
Ek moet dit vir iemand vertel: Ek gaan vandag Nuweland toe. Ek gaan vandag, 12 April 2008, vir die heel eerste keer in my lewe na ’n rugbywedstryd op Nuweland kyk: Die Stormers teen die Cheetahs.
Ons moet jammer eerder as kwaad wees vir joernaliste wat in 2008 nog ’n ras-eksklusiewe liggaam wil stig. Hulle trek laer weens hul eie onsekerheid en onbekwaamheid, nie weens die “bedreiginge van wit joernalistiek” nie. |
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|