Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Dis nou of nooit
Kroonnuus soek ’n wenner en S-tyd is hier! Spontaan-oudisies vind dié Saterdag plaas. Dis nou of nooit om te kom sing en te perform. Kroonnuus se oudisie vind dié Saterdag 10 Mei om 08:30 by Kroonnuus se kantoor in Buitekantstraat 37 op Kroonstad plaas. Is jy die streekwenner wat gaan deel in die meer as R170 000 se pryse en borgskappe wat op die spel is? Ons soek iemand wat nie net mooi kan sing nie, maar wat ook die verhoogpersoonlikheid het om te kan perform. Miskien is jy een van 12 streekwenners wat op 11 en 12 Julie op die Volksblad-kunstefees gaan meeding om een van die drie topplekke. Lieflike pryse – insluitend ’n Nintendo Wii, ’n beurs, ’n demo-CD, ’n bestuurskontrak, geskenkpakke, verblyf, kontant, braais, ’n selfoon en geskenkbewyse – is op die spel. Moenie bang wees om te kom probeer nie. Miskien het jy die x-faktor wat van jou ’n ster kan maak. Volksblad se gemeenskapskoerante in die Vrystaat en Noord-Kaap bied vanjaar die sewende keer die gewilde sangkompetisie aan en vanjaar is Spontaan nog groter. ’n Wenner gaan vir elk van die 12 gemeenskapskoerante (Ons Stad, Bloemnuus, Express, Express Qwaqwa, Express Northern Cape, Vista, Forum, Vrystaat, Maluti, Kroonnuus, Noordkaap en Kuruman Bulletin) gekies word, waarna die 12 streekwenners sake gaan uitspook in die Bloem Plaza en op die Volksblad-kunstefees in Bloemfontein op 11 en 12 Julie. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná afloop van die uitdunrondes aangekondig word. Indien jy as ’n streekwenner vir een van die koerante aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. Elke deelnemer kry ’n kans om een of twee liedjies tydens die eindronde te sing en die wenner lewer daarna ’n verdere drie liedjies. Inskrywings is gratis. Geen voorafregistrasie is nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar. Spontaanreëls: Die kompetisie is slegs vir soliste. Deelnemers moet 16 jaar of ouer op 1 Julie wees. Vir die streekkompetisies kan deelnemers enige liedjie van hul keuse, in enige genre, a cappella (sonder enige backtracks of begeleiding) sing. Indien jy as een van die finaliste in die streekkompetisie aangewys word, mag jy dieselfde of ’n ander liedjie vir die beoordelaars sing en dan mag jy jouself begelei, of van ’n klankbaan gebruik maak. Klankbane en ander toerusting vir die streekoudisies moet deur jou verskaf word. Spontaan sal klank tydens die eindronde verskaf. Die beoordeelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir elke van die 12 koerante beskikbaar is nie. Inskrywings is gratis en elke deelnemer mag slegs aan een oudisie by een koerant deelneem. Jy moet jou eie backtracks of begeleiding tydens die eindronde verskaf. Volksblad se gemeenskapskoerante betaal vir elke finalis se vervoer en verblyf tydens die eindkompetisie. Wen dié pryse in vanjaar se Spontaan Pryse van meer as R170 000 van die volgende borge kan in die Spontaan 2008-kompetisie gewen word: Dit sluit in ’n uur lange konsultasie met die ZPR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag, ’n biografie van die kunstenaar en tien mediaverklarings, asook deelname aan ’n werksessie ter waarde van R1 800 vir die finaliste voor die eindronde. Twaalf mikrofone (een vir elke finalis) ter waarde van R21 500 en ’n klankstelsel van R10 500 vir die wenner. ’n Beurs ter waarde van R15 000 en opnames vir die drie topfinaliste ter waarde van R5 000: die wenner kry drie liedjies, tweede plek kry twee liedjies en die derde plek een liedjie. Drie Cadac 57 cm-Neoway Charcoal BBQs (ketelbraais) vir die drie topwenners en 12 Cadac Deluxe-leunstoele en 12 Cadac-voorskote vir die 12 finaliste. Die wenner kry R2 000, tweede plek R1 000 en derde plek R500. ’n Geskenkpak vir elk van die 12 finaliste en die eindronde sal geoudit word. Die wenner ontvang verblyf vir drie nagte vir twee mense in die Atlantis-gastehuis in The Pearl Room met ontbyt. Waarde: R1 710. Die tweede plek kry drie nagte se verblyf vir twee mense in die Atlantis-gastehuis in The Dolphin Room met ontbyt ter waarde van R810. Die derde plek kry drie nagte se verblyf vir twee mense in die Atlantis-gastehuis in The Mermaid Room met ontbyt. Waarde: R720. Redstar Talent sal: Die kunstenaar verteenwoordig, professionele raad gee, onderhandel oor besprekings en optredes, kontrakte en reëlings en dit finaliseer; aan elkeen algemene besigheidskaartjies gee en ’n profiel en foto van elke kunstenaar by die Redstar Talent-webtuiste (www.redstartalent.co.za) voeg wat toeganklik is vir besprekings. Let wel: Redstar Talent kan geensins waarborg dat optredes verseker is nie en die samewerking van die kunstenaar is nodig. Volg dié reëls Reëls: Die reëls vir vanjaar se Spontaankompetisie is soos volg: Die kompetisie is slegs vir soliste. Deelnemers moet 16 jaar of ouer wees op 1 Julie 2008. Vir die streekkompetisies kan deelnemers enige liedjie van hul eie keuse, in enige genre, a cappella (sonder enige backtracks of begeleiding) sing. Indien jy as een van die finaliste in die streekkompetisie aangewys word, mag jy dieselfde of ’n ander liedjie vir die beoordelaars sing, en dan mag jy jouself begelei, of backtracks gebruik. Jy moet self jou backtracks en toerusting vir die streekoudisies verskaf. Spontaan sal klank op die eindronde verskaf. Inskrywings is gratis en elke deelnemer mag slegs aan een oudisie by een koerant deelneem. Jy moet jou eie backtracks of begeleiding op die eindronde verskaf.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|