Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Fees klaar vuurwarm
Kaartjies vir die Volksblad-kunstefees het gister gevlieg en mense sal moet wikkel om vir produksies te bespreek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-13°C

Voorspellings

Sperdatum vir kommentaar oor eed verleng
May 07 2008 04:03:50:803PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Afvaardiging van die ATKV se Centurion-jeugleiersforum het ’n versoekskrif oor die voorgestelde eed vir skole aan die minister van onderwys by die Sol Plaatjie-gebou in Schoemanstraat, Pretoria, oorhandig.

Minister Naledi Pandor het gereageer en gesê sy sal baie graag die jeugleiers self te woord wil staan, omdat dit sover die enigste reaksie van skoolleerlinge was sedert sy die publiek ’n paar maande gelede genooi het om kommentaar te lewer.

Die jeugleiersforum bestaan hoofsaaklik uit hoofseuns en -meisies, onderhoofseuns en -meisies en lede van leerlingrade van skole.

Die publiek het tot 20 Maart tyd gehad om kommentaar op die voorgestelde eed te lewer. Die minister het nou die sperdatum vir kommentaar deur die publiek tot 15 Mei verleng. Almal, leerlinge ingesluit, kan kommentaar lewer. Die jeugleiersforum nooi ouers, hul kinders, jeugleiers en ander volwassenes, skole, kerke, kultuur- en ander organisasies, wat hul siening ondersteun, om dit aanlyn by www.neevireed.co.za of www.notopledge.co.za te doen. “Die reaksie ter ondersteuning van ons versoek was sover uitstekend uit verskeie oorde,” sê ’n woordvoerder.

Die versoekskrif het as volg gelui: . Ons as jeugleiers versoek hiermee die minister van nasionale onderwys om nie die voorgestelde eed by Suid-Afrikaanse skole in te stel nie, maar eerder nog geleentheid vir gesprekvoering en debat toe te laat. . Ons as jeugleiers is van mening dat die aflê van ’n eed nie by laer- en hoërskoolleerlinge as minderjariges tuishoort nie. . Die Grondwet en die Akte van Menseregte (Artikel 15) waarborg ook ons reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening. Die instelling van ’n eenvormige eed sal hierdie regte ondermyn, veral in skole waar leerders onder groepsdruk onderwerp kan word om die eed af te lê. . Ons is van mening dat lojaliteit nie afgedwing kan word nie, maar verdien moet word. Daarom is ons trots op ons skool omdat dit vir ons ’n veilige ruimte bied om te leer en te presteer. . Ons is van mening dat ons landsvlag en nasionale lied, ons skool se credo, skoollied, leuse, visie en missie voldoende is om ons as leerlinge te motiveer vir ons taak om te leer en ons skoolloopbaan suksesvol te voltooi. . Ons wil ons kindwees geniet deur spontaan aan al ons skool se akademiese, kultuur-, sport-, godsdienstige en sosiale aktiwiteite deel te neem voordat die wrede grootmenswêreld ons gaan insluk. . Ons onderneem om skole wat tans nie oor ’n eie credo beskik nie, te help en te ondersteun om ook ’n eie unieke credo vir hul skool te formuleer.

“Ons is hier vir matriek, nie politiek

“Ons eeT eerder as eeD.

“Ons sê Ja vir die Credo.”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer