Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Kom vier saam Museumdag
May 07 2008 04:03:45:477PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Alle gr. 1- tot gr. 4-leerlinge word genooi na ’n interaktiewe “rondleiding” wat deur die Mangaung-dans- en -dramagroep aangebied word.

Dié prettige rondleiding sluit storievertellings, speletjies, ’n vasvrae en danse in en vind op 16 Mei by die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein plaas ter viering van Internasionale Museumdag.

Dié dag word jaarliks wêreldwyd gevier om die aandag te vestig op museums en die werk wat daar gedoen word.

Dit is ’n wonderlike geleentheid om op ’n genotvolle manier meer van Suid-Afrika se kuns- en kultuurerfenis te leer.

Daar sal vyf sessies plaas- vind: 08:15 tot 09:00, 09:15 tot 10:00, 10:15 tot 11:00, 11:15 tot 12:00 en 12:15 tot 13:00.

Bespreek vroegtyding, omdat ’n maksimum van 75 leerlinge per sessie gehanteer kan word.

Toegang is R2 per leerling en sluit ’n rit op die Afrika-mallemeule in.

Bel die opvoedkundige beampte, Ester le Roux, by 051-447-9609 of stuur e-pos na ester@nasmus.co.za vir verdere inligting en besprekings.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer