Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Uitskot dalk herontgin
May 07 2008 04:03:53:287PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die organisasie Golder Associates Africa is besig met ’n omgewingsimpakstudie (OIS) vir die voorgestelde herontginning en prosessering van sommige van Harmony Gold Mining Company Limited se uitskotgeriewe in die Welkom-gebied.

Harmony beoog om nege bestaande uitskotgeriewe te herontgin en prosesseer.

Residuele uitskot van die herontginningsproses sal op sekere bestaande uitskotdamvoetafdrukke geplaas word, asook op ’n voorgestelde nuwe uitskotgerief.

Verskeie goedkeurings word vereis voordat die voorgestelde projek kan voortgaan. Een van die reguleringsprosesse is die omgewingsimpakstudie wat deur Golder Associates Africa, ’n onafhanklike omgewingskonsultasie-maatskappy, uitgevoer word.

Altesaam twee OIS-prosesse sal vir hierdie projek gevolg word weens die verskil in OIS-spesialisstudies en tydraamwerke wat vereis word vir die voorgestelde herontginde uitskotgeriewe.

Een gekombineerde omgewingsbestekfase sal vir die twee OIS-prosesse uitgevoer word waarna die twee prosesse onafhanklik sal voortgaan. Afsonderlike omgewingsmagtigings sal op die twee OIS-prosesse van toepassing wees.

Die OIS’e sal voldoen aan die vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (NEMA), wet 107 van 1998, die Minerale en Petroleumhulpbronontwikkelingswet (MPRDA), wet 28 van 2002, en die Nasionale Waterwet (NWA), wet 36 van 1998. Verder sal die spesialisstudies aan die vereistes van die Nasionale Energiewet, wet 46 van 1999, die Wet op die Nasionale Kernreguleerder, wet 47 van 1999, en die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, wet 25 van 1999, voldoen.

Mynbou en etsprosesseermetodes veroorsaak groot hoeveelhede afvalmateriaal wat tot die uitskotdamme gelei het. Vorige tegnologie kon nie 100% goud herwin nie en dié uitskotdamme bevat dus nog wisselende hoeveelhede goud.

Danksy tegnologiese vooruitgang kan dié goud ekonomies herwin word deur die uitskotdamme te ontgin.

Van die uitskotdamme wat onder die vergrootglas is, is in die Welkom-gebied, Randfontein en Evander.

Die oogmerke van die projek in Welkom is om die uitskotdamme te herontgin, die uitskot te herprosesseer om goud te herwin en die afvalprodukuitskot van die prosesseringsaanleg op sekere bestaande herwinde uitskotdamvoetafdrukke, asook een nuwe uitskotgeriewe te konsolideer.

Die voorgestelde werk in Welkom sal sowat 240 miljoen ton uitskot kan prosesseer.

Tydens die herprosessering van uitskot om goud te herwin, kan uraan ook moontlik herwin word en sulfiede en sianied behandel word. Die potensiële herwinning van uraan word egter nog geëvalueer.

Die OIS se twee fases is ’n omgewingsbestekfase, waartydens kwessies rakende die ontwikkeling geïdentifiseer sal word, en ’n invloedevalueringsfase, wat potensiële positiewe en negatiewe invloed evalueer en versagtingsmaatreëls sal identifiseer.

Die ligging van die gebiede is hoofsaaklik tussen Odendaalsrus en Virginia.

Ander sleutelkomponente van die projek is pypleidings om water aan die herontginningsgebiede te lewer en om slik na die prosesseringsaanlegte te vervoer, pypleidings om water aan die prosesseringsaanleg te lewer en om uitskotafvalprodukte van die prosesseringsaanleg na die voorgestelde uitskotgeriewe te vervoer, asook afsetting van uitskotte by drie voorgestelde uitskotgeriewe.

Voordele van die projek is as volg:

  • Hanteer omgewingskommer oor die bestaande nege uitskotdamme;
  • Konsolideer uitskot deur gebruik van huidige beste praktyk en verminder huidige omgewingsinvloede aansienlik;
  • Ekonomiese voordeel van goudherwinning;
  • Werkskepping;
  • Beter bestuur en monitering van uitskot; en
  • Vrystelling van grond onder bestaande uitskotdamme vir ander tipes ontwikkeling.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer