Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Fees beloof groot pret
’n Heerlike drie dae vol kompetisies en nogmaals kompetisies word in die vooruitsig gestel op die Boertjiefees wat van 4 tot 6 September op die Bultfonteinse feesterrein aangebied word. Inskrywings vir die onderskeie kompetisies vir babas, kleuters en peuters moet reeds op 5 September om 10:00 by die kantoor wees. Die leerlinge in gr. 1 tot gr. 3, gr. 4 tot gr. 7 en gr. 8 tot gr. 10, sowel as die 16- tot 24-jariges, vir die onderskeie kompetisies moet hulle op 6 September voor 09:00 aanmeld. Almal wat aan die Boertjie-Supersterre-kompetisie wil deelneem se inskrywings moet reeds op 6 September om 13:00 ingehandig wees. Deelnemers aan dié kompetisie se CD’s met agtergrondmusiek waarborg hulle vrye toegang tot die fees vir al drie die dae. Mans en vroue kan hieraan deelneem. Bel Magda by 082-676-4191 vir meer inligting. Die voorskoolse en gr. 1- en gr. 2-spanne wat bulletjierugby, netbal en sokker speel, sowel as die trompoppies, kan medaljes wen. Bel Volla by 083-636-1555 vir inligting. Op 6 September, tydens die boeresport, kom die onderskeie toutrekspanne teen mekaar te staan en ’n prys van R2 000 is vir die wenspan op die spel. Bel ook hieroor vir Volla. Alle wins wat die Boertjiefees oplewer, word in die gemeenskap teruggeploeg. Skole sal ook daarby baat vind.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|