Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Hier is die wenner . . .
Die Spontaan-oudisie wat Vrydag hier in Welkom plaasgevind het, was ’n reuse-sukses. Nolene van Dyk van Welkom het koning gekraai en sal Forum op 12 Julie tydens die Volksblad-kunstefees verteenwoordig wanneer die eindkompetisie in Bloemfontein plaasvind. Hier sal sy teen die finaliste van die ander gemeenskapskoerante van die Volksblad-groep deelneem. Dié sangkompetisie vind om 12:00 op die feesterrein plaas. Die finaliste sal egter op 11 Julie in die Bloem-Plaza in Bloemfontein ook optree. Coetzee Spens van Hennenman was tweede. Groot pryse is vir die wenner van die Spontaan-eindkompetisie op die spel. Tydens Vrydag se oudisie in Welkom het sowat 110 deelnemers hul stem kom dik maak in die hoop om as die wenner uit die stryd te tree. Die beoordelaars was van 14:00 tot sowat 17:45 op hul pos om na die talent uit Welkom en omgewing te luister. Almal was dit eens dit was ’n baie strawwe kompetisie. Deelnemers het in feitlik alle genres opgetree. Daar was van gospel tot rap en gewilde popmusiek. Uit die aanvanklike 110 deelnemers is eers 25 finaliste gekies, waarna die laaste nege deelnemers weer moes sing. Dit is vanjaar die sewende jaar dat dié gewilde kompetisie aangebied word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|