Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Skok-ondergang van Nationwide terugslag
May 01 2008 10:10:05:887PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

UIT die aard van die bedryf laat ’n lugdiens wat ineenstort, ’n skouspelagtige chaos en ongerief agter.

Nationwide, wat vandeesweek onverwags sy vlerke self geknip het, is ’n private beheerde lugdiens, wat skaflike diens gelewer het. Dis jammer om ’n waardige mededinger in ’n hoogs mededingende binnelandse mark te verloor.

Nationwide was sedert einde verlede jaar, toe ’n enjin van een van sy vliegtuie afgeval het, die slagoffer van ’n reeks van gebeurde wat hom noodgedwonge in sy spore gestuit het: Die tydelike opskorting van sy lisensie deur die Burgerlugvaartowerheid weens beweerde foute met die papierwerk van sy vliegtuiginstandhouding, skerp stygende brandstofpryse en ’n bemagtigingstransaksie wat deur die mat geval het.

Die plaaslike lugvaart-passasiersmark is meedoënloos. Daarin word met dun winsmarges gewerk en aggressiewe prysoorloë gevoer. Dit alles te midde van ’n ongelyke speelveld waarop die staatsbeheerde SAL en Mango elke toertjie in die boek uithaal om verlore markaandeel van die laekoste-lugdienste 1time en kulula.com te probeer terugwen.

Boonop was Nationwide saam met Comair jare lank by die mededingingsowerhede teen die SAL in ’n stryd gewikkel weens die staatslugdiens se onmededingende praktyke.

Te midde van die miljarde rande wat Transnet, en uiteindelik dus belastingbetalers, die afgelope jare in die SAL gepomp het om die staatsbeheerde lugdiens aan die vlieg te hou, kan ’n mens nie Nationwide se eienaars kwalik neem as dit vir hulle bitter was om tot voorlopige likwidasie te besluit nie.

Sulke staatshulp in geval van moeilike tye is nie ’n private lugdiens in Suid-Afrika beskore nie.

As die leemte wat Nationwide laat deur die dikwels onbeholpe en swak diens van die staatsbeheerde lugdienste gevul gaan word, sal dit hartseer wees. Suid-Afrikaners verdien beter as dit.

Hopelik kan ’n kapitaalkragtige belegger red wat te redde is en verseker dat reisigers se keuse nie verder krimp nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer