Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Taalberaad moet verdere stukrag kry
May 02 2008 10:31:35:593PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Aan die vooraand van die beraad van studenteleiers oor die posisie en rol van moedertaal aan tersiêre inrigtings het Volksblad die kollig op enkele belangrike aspekte van die beraad en tema laat val.

Dit was taamlik profetiese woorde, want vir die eerste keer het studente toe wel oor taal- en kleurgrense heen ’n hoopgewende konsensus oor die gebruik van die land se inheemse tale, onder meer Afrikaans, op tersiêre vlak bereik.

Vir die eerste keer ook is die kollig gevestig op die apatie van studente, wat toelaat dat hulle oor hul moedertaal op tersiêre vlak sonder enige inspraak voorgeskryf word.

Vir eers sal hierdie beraad hopelik ’n katalisator wees in die mobilisering van studente rondom hul taalregte, wat in sommige gevalle ten beste verwaarloos of selfs vertrap word.

Dit help nie veel nie dat taal- en kultuurinstansies hulself oor taalregte moeg baklei en die mense wat regstreeks daaruit voordeel moet trek, die studente, daaroor apaties is nie, soos wat van die beraadgangers gekla het.

Seker die bemoedigendste ontwikkeling is die de-politisering van Afrikaans op die beraad deur min of meer al die beraadgangers, wit en swart, Afrikaans en anderstalig.

In die proses het van die verteenwoordigers getuig dat hul oë oopgegaan het oor die aspirasies om Afrikaans as moedertaal te bevorder. Dat dit nie taaloorheersing ten grondslag het nie, maar ’n opregte poging om alle inheemse tale op te hef en te beskerm teen die wurggreep van verengelsing waarin die land verkeer.

Hopelik sal hierdie boodskap wyer inslag vind.

Nog ’n belangrike stap vorentoe is die eensgesindheid oor moedertaalbevordering wat tussen die studente met taal-, kleur-, kultuur- en sekerlik ook politieke verskille bereik is.

Dis voel amper soos die eerste keer in die geskiedenis dat studente van alle groeperinge rondom moedertaal, onder meer Afrikaans, in ’n gees van samewerking hande gevat het. Met die duidelike riglyn dat dit hier nie oor die bevordering van net een taal gaan nie, maar moedertale in die algemeen.

Die uitdaging aan studente en studente-organisasies oor die hele land en daarmee saam ook Suid-Afrikaners self is hoe om die konsensus wat bereik is, sterker stukrag te gee sodat werklike resultate rondom die beskerming en uitbou van die land se moedertale op tersiêre vlak bereik kan word.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer