Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
S-Afrikaners moet hul stem nou laat hoor
Regter Sisi Khampepe se bevinding dat die Skerpioene in die Nasionale Vervolgingsgesag kan bly, lig weer die sluier oor die dubbelpratery wat een van pres. Thabo Mbeki se slegste nalatenskappe sal wees. Dit plaas ook ’n plig op ons as gewone landsburgers om betrokke te wees by die parlementêre proses om die Skerpioene se uiteindelike lot te bepaal. Khampepe se verslag is die uitstekend beredeneerde werk van ’n fyn intellek met ’n sterk sosiale gewete – presies wat ons van ons regters verwag. Ongelukkig het die verslag die prooi geword van die ANC se interne magstryd – ’n gebieker wat min te make het met die land se heil. Mbeki en sy binnekring het twee jaar lank die verslag uit die openbare oog gehou. En die inhoud selektief hanteer. Eergister is allerlei jakkalsdraaie gegooi – van die hervorming van die strafregstelsel tot selfs die DA is die skuld gegee. Die vreemdste is dat die presidensie dink enigeen gaan dit vir soetkoek opeet. In’t kort is dit duidelik die verslag is teruggehou omdat dit nie Mbeki se wens om die Skerpioene se angel te trek, gepas het nie. Nou, met die Zuma-groepering wat selfs sterker dieselfde probeer doen en die DA wat met hofsake dreig, kom die verslag na vore. Dit was nog deurgaans moeilik om enige ander verduideliking vir die twee ANC-faksies se ywer teen die Skerpioene te vind as dat die eenheid magtige skurke met invloed in hoë plekke aan die pen laat ry. Volksblad het nog altyd volgehou die Skerpioene doen uitstekende werk. Ons is vir geen oomblik oortuig die nuwe stappe help die stryd teen misdaad nie. Inteendeel. Die kabinet het konsepwetgewing aanvaar om die Skerpioene na die polisie te skuif. Dit sal nou voor die parlement dien en daar is kans vir openbare deelname. Al is ANC-gedomineerde komitees dikwels buikpoppe vir die partyleiding, is dit alle Suid-Afrikaners wat teen die verswakking van die Skerpioene is, se plig om hul stem teen die plan te laat hoor.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|