Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Hoeveel kinders moet nog in SA sterf?
May 07 2008 11:35:59:410PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dis skokkende nuus dat 123 kinders sedert Januarie in die Ukhahlamba-distrik in die Oos-Kaap in verdagte omstandighede dood is. Aanvanklik is gemeen 80 is dood.

Besoedelde water het moontlik ook ’n rol gespeel. Vroeër is berig volgens die Oos-Kaapse regering is van die oorsake van die dood van tientalle kinders in die provinsie, onvoldoende medisyne om aan die verhoogde vraag te voldoen, ontoereikende dienslewering en armoede.

Wat ook al die rede: Daar is ernstige nuwe aanklagte en beweringe teen die ANC-regering wat indringende aandag op die hoogste owerheidsvlakke verg.

Mnr. Athol Trollip, DA-leier in die Oos-Kaap, sê die meeste van dié kinders se dood is gastro-entiritis en diarree-verwant. Gevaartekens was reeds vroeg sigbaar.

Mev. Sandra Botha, DA-leier in die parlement, sê die distrikmunisipaliteit het nie tydige waarskuwings gerig nie.

Volgens haar het die provinsiale regering in die Oos-Kaap boonop gesloer en nie voldoende opgetree nie.

Indien dit waar is, is dit skokkende voorbeelde van “verregaande nalatigheid” waarna Volksblad eergister in ’n hoofartikel verwys het.

Dit kom boonop ná babasterftes verlede jaar by die Frere-hospitaal in dieselfde provinsie.

Te midde van ’n beweerde toesmeerdery daarna deur dr. Manto Tshabalala-Msimang, minister van gesondheid, is die adjunk-minister van gesondheid, me. Nozizwe Madlala-Routledge, afgedank.

Routledge het ná haar afdanking beweer die minister het gedreig om haar “reg te sien”.

Suid-Afrika kan nie bekostig dat die jongste vlaag kindersterftes ook só ’n ongure afloop het as die babasterftes by die Frere-hospitaal nie.

Daardie spreekwoord dat ’n land se beskawingsvlak bepaal word hoe teenoor weerloses – kinders en bejaardes – opgetree word, geld ook hier.

Arm kinders en bejaardes en ander verswaktes is die eerste wat selfs met hul lewe boet wanneer daar nalatigheid is rakende dienslewering met van watersuiwering tot gesondheidsdienste.

Die jongste vlaag kindersterftes is nog ’n ernstige wekroep aan die regering dat dienslewering op sleutel-terreine dringend opgeskerp moet word.

Hoeveel kinders moet nog sterf voordat byvoorbeeld daardie rou riool wat oor die land heen in riviere, panne en damme gestort word, aandag van die betrokke owerhede gaan kry?

Hoeveel kinders, bejaardes en verswaktes moet sterf voordat staatshospitale en klinieke voldoende personeel, toerusting en medisyne gaan hê?

Hoeveel derduisende meer Suid-Afrikaners moet aan vigs sterf voordat van die land se president tot minister van gesondheid met woord én daad wys hulle besef die erns en omvang van dié krisis?

Simbolies van die “verregaande nalatigheid” van te veel politici en owerhede op te veel terreine, is die feit dat die huidige president van Suid-Afrika, mnr. Thabo Mbeki, gesê het hy ken niemand wat aan vigs dood is nie. Wat nukkerig swyg oor die vigskrisis terwyl die Ontwikkelingsbank van SA se verslag lui een uit elke ses Suid-Afrikaners is MIV-positief.

Die man wat deur ANC-politici gesalf is om hom op te volg, mnr. Jacob Zuma, het onbeskermde seks gehad met ’n vrou wat hy geweet het MIV-positief is. En daarna het hy vir beskerming gestort.

Dis beslis nie die soort voorbeeld wat langer van die hoogste vlakke af gestel en geduld kan word nie.

Kinders en volwassenes in hierdie land sterf weens dinge – om die mynongeluk-woorde van me. Buyelwa Sonjica, minister van minerale en energie, breër van toepassing te maak – “vermy kon gewees het”.

Dis ’n skande.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer