Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Hou alliansie met arendsoë dop
May 12 2008 03:01:22:930AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Deur die ANC en die regerende alliansie waai ’n nuwe bries, soos duidelik was op die afgelope naweek se beraad in Midrand.

Daardie bries bestaan uit twee dele: debat en raadpleging.

Dit is die verwerping van die Mbeki-mantra wat alle mag in die staat en uiteindelik die staatshoof gesentraliseer het, met weinig teenspraak of aanmoediging van selfstandige denke.

En die bries waai in ’n linkse rigting, so Suid-Afrikaners moet miskien verwag dat die voortdurende afname in persoonlike en maatskappybelasting gaan ophou sodat die staat meer geld het vir die opheffing van armes en die uitwis van die welvaartgaping.

Voorts is daar baie klem daarop dat die land se openbare instellings, soos die SAUK en Eskom, behoorlik in belang van die samelewing bedryf moet word eerder as in belang van die staat of regering.

Dit is goeie nuus. ’n Mens hoop dit hou.

Enige verandering het natuurlik sy soet en suur.

Terwyl die openlikheid, respek vir instellings en fokus op armes goed is, bly mnr. Jacob Zuma die albatros om die alliansie se nek.

Hieraan verwant, is die alliansie se voortgesette aanval – wat ons veroordeel – op die Skerpioene.

Dit help nie misdaadbestryding nie.

Dit is ook, soos altyd, waar dat ’n mens baie bedag moet wees op die inhoud van die onbekende.

Die alliansie se kritiek op die Mbeki-wyse van regeer is gegrond.

Die vraag is of hulle beter gaan vaar. Woorde wek, maar voorbeelde trek, en die interessantheid met die SAUK-raad is of die vier Mbeki-gesinde lede in die visier bloot vervang gaan word met Zuma-gesindes.

Gaan die samelewing werklik bo politiek gestel word?

Die beplande verandering in ekonomiese klem sal sommige beleggers ontstem, en die alliansie sal dit deurdag moet hanteer sodat die morele doelwit ook ekonomies haalbaar is.

Die leierskap van die alliansie het ’n moeilike taak voor.

Hulle het, weliswaar met gebreke, goed begin.

Elke Suid-Afrikaner moet hul vordering met arendsoë dophou.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer