Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Staat se pligsversuim met instandhouding
Dit moes een of ander tyd gebeur. Lankal reeds word in hierdie kolomme, maar ook uit allerlei ander oorde, gewaarsku dat die gebrekkige instandhouding van die land se infrastruktuur Suid-Afrika nog duur te staan gaan kom. Dit uitspraak in die Vrystaatse hooggeregshof teen die LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, is ’n vingerwysing dat politici en amptenare nie maar net kan terugsit en hul plig versuim nie. Of is dit? Regter B.C. Mucumie het die ooreenkoms bekragtig dat die betrokke LUR meer as R12 miljoen betaal aan mense wat ernstig beseer is in ’n ongeluk wat tot groot hoogte veroorsaak is deur die toestand van die pad tussen Bloemfontein en Dealesville. In hierdie geval was die hoogteverskil tussen die teerblad en die padskouer so groot dat dit ’n wesenlike gevaar vir padgebruikers ingehou het. Die vraag is of hierdie soort uitspraak regtig ’n invloed gaan hê op politici en staatsamptenare wat verantwoordelikheid behoort te aanvaar vir die infrastruktuur van die land. Op stuk van sake kom die geld wat betaal moet word – ook vir die regskoste aan albei kante – nie uit hul sakke nie. Dit is maar weer die vuisvoos belastingbetaler wat moet opdok. Ongelukkig het daar onder die huidige regering ’n klimaat van onverantwoordbaarheid en straffeloosheid ontstaan met verskeie politici en amptenare wat skotvry afkom ná gruwelike versuim of selfs onwettige optrede aan hul kant. Afhangend natuurlik van watter kant van die draad jy staan – die staatsmasjinerie kan ook effektief ingespan word om te straf as jy nie vir die regte span skreeu nie. ’n Mens dink hier aan die hoof van die Skerpioene en ’n voormalige adjunkminister van gesondheid wat gestraf is nadat hulle juis hul werk gedoen het. Hoe dit ook al sy, dit is in belang van al die inwoners van die land dat basiese instandhoudingswerk aan ons paaie wel gedoen sal word. Ongelukkig sien ’n mens daagliks hoe verskeie paaie, soos die een tussen Wesselsbron en Bultfontein, agteruitgaan. Hoeveel beserings, of selfs lewens, en hofbevele gaan dit nog kos voordat die staat sy plig gaan begin nakom?
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|