Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 9-25°CVoorspellings |
|
Oë van wêreld op AU oor Zimbabwe
Die wêreld se oë is op die Afrika-unieberaad aan die Rooi See gerig. Het die leiers van Afrika die politieke dryfkrag om vir die eerste keer standpunt in te neem teen pres. Robert Mugabe se vergrype in Zimbabwe of sal hulle maar weer, soos nog altyd tevore, solidariteit met hom betoon? Die artikel is geskryf voordat die uitslag van gister se beraadslaginge bekend was. Voorafberigte dui egter daarop dat op ’n botsing hieroor afgestuur word. As die laaste paar dae se beraad van Afrika se ministers van buitelandse sake in dieselfde Egiptiese kusoord as maatstaf geneem moet word, is daar bitter slegte nuus vir die slagoffers van Mugabe se ekonomiese wanbestuur en menseregtevergrype. Nog niks het verander nie. Suid-Afrika se dr. Nkosazana Dlamini-Zuma sien steeds nie kans om openlik die geringste vorm van empatie met die gewone mense van Zimbabwe te betoon nie. Ook nie pres. Thabo Mbeki nie. So asof hulle nie besef hoe die Mugabe-wanbestuur armoedeverligting en werkskepping in Suid-Afrika vertraag nie. ’n Bloedstollende werklikheid van hierdie beraad is dat Mbeki nie die leiding ter veroordeling van Zimbabwe sal neem nie – ’n mens het gehoop dit kan anders wees. Hy sal, soos Suid-Afrika in die VN se Veiligheidsraad, agterna gesleep word as die meeste Afrika-leiers die Mugabe-regime in die openbaar veroordeel het. Deur voort te gaan met Vrydag se skynverkiesing het Mugabe sy aftakeling van die demokrasie in Zimbabwe ’n reuse-stap verder gevoer. Gelukkig het die MDC-leier, mnr. Morgan Tsvangirai, hom wyslik aan hierdie klug onttrek. Die skokkendste is dat Mugabe se boewe ondanks Tsvangirai se onttrekking, voortgaan om gewone Zimbabwiërs aan te rand en dood te maak. Nou is die vraag of die AU-beraad die kantelpunt sal oplewer. Sal leiers soos presidente Levy Mwanawasa van Zambië, Ian Khama van Botswana en Jakaya Kikwete van Tanzanië genoeg steun kry sodat ’n nuwe daeraad vir Afrika kan aanbreek?
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|