Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 7-29°CVoorspellings |
|
Swak Afrika-leiers wys hul ware kleure
Afrika-leiers wat by die Afrika-Unie te slap was om sterk standpunt oor die diktator Robert Mugabe se politieke boewery in Zimbabwe in te neem, wys dat hulself vir Afrika-pessimisme verantwoordelik is. Ongelukkig is die Mbeki-bewind met sy persoonlike gepaai-paai totdat dit te laat is deel hiervan. Hoekom vra die AU paaiend net vir ’n regering van nasionale eenheid in Zimbabwe, waar die opposisie die algemene verkiesing duidelik gewen het? En waar Mugabe en sy politieke boewery toe met moord en bloedvergieting die presidentsverkiesing só skandelik beknoei het dat Mugabe die enigste kandidaat was en mnr. Morgan Tsvangirai gedwing was om hom te onttrek om nog bloedvergieting te voorkom? Die Afrika-leiers het nog ’n gulde geleentheid laat verbygaan om respek vir die demokrasie in Afrika te kweek. Die soveelste staatsgreep en politieke boewery is in wese gekondoneer. Die boodskap aan Mugabe moes gewees het: Ons aanvaar nie verder jou jare lange geknoei nie. Jy moet jou neerlê by demokratiese spelreëls en trap. En as jy dit nie kan respekteer nie, sal ons saam met die wêreld jou deur sanksies dwing om tot ander insigte te kom. Soos ons gedoen het met die apartheidsregime in Suid-Afrika. Daar is sommige Afrika-leiers wat met eer uit die Zimbabwe-fiasko kom. Soos lt.genl. Mompati Merafhe, vise-president van Botswana. Hy het tereg daarop gewys dat die verkiesing van 27 Junie nie legitimiteit aan die Mugabe-regering verleen nie. En dat Zimbabwe se “regering” van die AU en SAOG se vergaderings uitgesluit moet word. Die waarheid, soos gister in ’n rubriek op die middelblad van Volksblad uitgestippel is, is dat daar te veel beknoeide verkiesings in Afrika is. En dat te veel sogenaamde “leiers” by die AU nie kan bekostig om vinger na Zimbabwe te wys nie. Hoofsaaklik uit vrees dat hulle ’n presedent skep vir optrede teen hul eie onwettige regimes. Wat ’n jammerlike aanklag teen Afrika in die jaar 2008. Harde werk lê voor om dié vasteland te bevry van sogenaamde leiers wat net daar is om hulself en hul eie magskliek te verryk ten koste van miljoene Afrikane se kanse op ’n beter lewe.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|