Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Repokoers bly vir eers onveranderd
Die repokoers bly vir eers onveranderd, maar die huismark is allesbehalwe uit die gevaarsone.
Bafana-spelers steun Santana; kan al sy Portugees ontsyfer
'n Goeie begrip het 'n halwe woord nodig, selfs al is dit in Portugees.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           5-28°C

Voorspellings


Onbesonne omstrede uitlatings verg optrede
Jul 04 2008 12:10:27:727AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

As mnr. Julius Malema, die ANC-jeugleier, dink die nuwe struggle is om met onbesonne en omstrede uitlatings stof op te skop en aandag te probeer trek, moet die ANC-ringkoppe hom dringend in die bek ruk.

Te oordeel na Malema se jongste uitlatings verkeer hy wel onder dié indruk.

Hy weier om te voldoen aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se versoek om sy uitlating dat hy sal doodmaak vir mnr. Jacob Zuma, terug te trek.

Sy dwase hardkoppigheid probeer hy dan klee in die morele onaantasbaarheid van die struggle wanneer hy sê:

“Ek is bereid om in hegtenis geneem te word . . .

“Ek het al gevangenisstraf uitgedien, hulle kan maar kom.”

Malema is ongelukkig nie alleen in sy dwaasheid nie.

Mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het soortgelyke uitlatings gemaak. Nadat die SAMRK hom tot 7 Julie gegee het om sy uitlatings terug te trek dui alles daarop dat hy ewe hardkoppig gaan wees.

Volksblad het nuus vir Malema en Vavi.

Die nuwe struggle lê nie daarin om met onbesonne en opruiende uitlatings aandag te trek nie.

Die nuwe struggle is eerder om Suid-Afrikaners oor rasse-, klas- en partygrense heen so ver te kry om saam te span teen uitdagings soos armoede, werkloosheid, misdaad en MIV/vigs.

Dít is om ware uitdrukking te gee aan die wekroep batho pele, die mense eerste.

Teen hierdie tyd is dit meer as duidelik dat Malema en Vavi nie self tot ander insigte gaan kom nie, en dat hulle ook nie oop is vir oortuiging deur ’n gerespekteerde grondwetlike instelling soos die SAMRK nie.

Wat nou nodig is, is dat die ontvanger van hul passievolle maar onberade steun – Zuma – self tot aksie oorgaan met ’n deeglike teregwysing en ’n eis deur alliansiestrukture dat die uitlatings teruggetrek word.

Niks minder sal nou deug nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer