Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Steek kers op by ander oor ons kragkrisis
Jul 20 2008 11:11:23:507PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Me. Buyelwa Sonjica, minister van minerale en energie, het mense uit radeloosheid laat lag toe sy vroeër vanjaar in die parlement gesê het mense moet saans vroeër gaan slaap om elektrisiteit te bespaar.

Dit wás ’n belaglike uitlating, maar haar basiese uitgangspunt was 100% in die kol: Ons kragnetwerk sal net gestabiliseer word as Suid-Afrikaners minder elektrisiteit gebruik.

Selfs die bouprogram vir nuwe kragsentrales sal op sy eie nie weer die situasie tot voor die kragkrisis herstel nie. Ons verwagte ekonomiese groeikoerse is te hoog – ons kan nie die nuwe kragsentrales vinnig genoeg bou nie.

Om genoeg krag te bespaar moet alternatiewe energiebronne ekonomies lewensvatbaar wees. Daarvoor moet twee dinge gebeur: Elektrisiteitspryse moet tot meer realistiese vlakke styg en die tegnologie moet bekostigbaar en beskikbaar wees.

Sonkrag-geisers is een van die doeltreffendste bekende metodes om die vraag na elektrisiteit te verminder. Tog kan Suid-Afrika net sowat 15 000 sulke geisers per jaar maak. Om nie te praat van die duisende vakmanne wat nodig is om 2 of 3 miljoen sulke geisers te installeer nie.

As dit reg aangepak en deurgevoer word, gaan dit meer doen as elektrisiteit bespaar: Dit gaan werk skep en ekonomiese groei aanblaas.

Maar eers moet die regering die aanvoorwerk daarvoor doen. In Amerika, Europa en Asië is navorsers en entrepreneurs op die punt om skoon tegnologieë soos wind-kragopwekkers kommersieel lewensvatbaar te maak.

Die elektrisiteitskrisis gaan ons in Suid-Afrika dwing om daar te gaan kers opsteek.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer