Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Nuwe hoop vir die Goudveld-ekonomie
Die afgelope tyd was negatiewe nuus oor die Goudveld feitlik al wat ’n mens oor dié gebied gelees het. Dit het ’n depressiewe invloed op Goudvelders en ander Vrystaters gehad. Nou is daar ’n sprankie hoop met mnr. Mxolisi Dukwana, LUR vir openbare veiligheid, sekuriteit en skakeling, se goeie nuus dat ’n steenkool-na-brandstof-aanleg van sowat R65 miljard ’n besliste moonlikheid vir die omgewing om Welkom is. Volksblad hoop van harte dat Dukwana se belofte bewaarheid sal word dat dié streek op die drumpel van groot dinge staan en dat Welkom ’n metropool en een van die grootste stede in Suid-Afrika kan word. Daarvoor sal alle inwoners saamwerk, soos Dukwana gevra het. En positief wees, al sal dit ná die fiasko met die Phakisa-renbaan moeilik wees. Gerugte dat Sasol ’n aanleg in die Goudveld gaan begin, doen al jare die ronde. Daarom kan verwag word die inwoners sal aanvanklik eers skepties oor die beloofde ontwikkeling wees. Daarom is dié ’n geval van sien is glo. Die Vrystaatse en nasionale regering sal ook moet help, want die plaaslike regerings in die Goudveld kan nie eens die riool en water van die streek behoorlik beheer nie. Nog goeie nuus is dat Dukwana gesê het dat die laaste woord oor ’n vraglughawe ook nog nie gespreek is nie. Groot ontwikkelings soos ’n steenkool-na-brandstofaanleg sal ’n bydrae tot die moontlikheid van ’n vraglughawe in die Goudveld lewer. So ’n lughawe sal baie vir die hele sentrale binneland beteken. Die beste nuus is natuurlik dat al dié ontwikkelings baie werk sal skep. Sonder werkloses behoort misdaad in die Goudveld en omgewing baie af te neem. Die Vrystaat het ’n groot behoefte aan nog ’n ontwikkelingsgroeipunt naas Bloemfontein en Sasolburg. Daarom moet almal Dukwana se raad volg en help om dié ontwikkelings mootlik te maak. Ons is dit aan onsself, ons medemens en ons nageslag verskuldig om ons omgewing te ontwikkel. Die Goudveld het lank genoeg aan die agterspeen gesuig.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|