Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
RDK en die reg van mense om te weet
Die oor-en-weer-klagtes tussen die regters van die grondwethof en die regter-president van Kaapstad, regter John Hlophe, is die afgelope tyd gereeld in die nuus en in die openbare oog. Media24 het vandeesweek ’n voorlegging aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) gedoen oor waarom die mondelinge getuienis in hierdie saak in die openbaar moet plaasvind. Dit is om baie goeie redes. Die hoë openbare profiel van Hlophe en die regters van die grondwethof bring op sigself ’n sterk element van openbare belang na die verrigtinge. Dit is boonop ernstige bewerings wat oor en weer gemaak word, met ernstige implikasies vir die doeltreffendheid van die regbank en die integriteit van ons howe. Om ooglopende redes is dit ook van die uiterste belang dat gewone burgers vertroue in die howe en die regsproses het, en gegewe hierdie beginsel, moet die media toegang hê tot die RDK-verrigtinge om die publiek ingelig te hou. Uiteindelik is die bewerings ooglopend ’n saak van nasionale belang, want dit het betrekking op beweerde growwe wangedrag deur die regter-president in ’n saak waar die leier van die regerende party en moontlik die nuwe president van Suid-Afrika betrokke is. Hopelik gee die RDK dus toe aan lesers van dié en ander koerante en media se reg om te weet.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|