Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-24°CVoorspellings |
|
ANC: Staak dié spel voordat bloed vloei
Die doringlat wat die ANC nie net vir homself nie, maar vir Suid-Afrika gepluk het deur mnr. Jacob Zuma nie net tot ANC-leier te verkies nie, maar selfs tot volgende president van die land te salf voordat howe uitsluitsel kon gee oor ernstige aanklagte teen kom, groei by die dag. Die jongste tragiese dreigement van die ANC-jeugligaleier, mnr. Julius Malema, vat dit in ’n neutedop saam: Al regeer mnr. Jacob Zuma die land in ’n oranje oorpak uit die tronk, lei sal hy lei. Dit verteenwoordig dieselfde magsdronke arrogansie van ’n Robert Mugabe en sy politieke boewe wat ten koste van ’n verwoeste Zimbabwe en sy mense aan mag vasklou. In wie se verwoeste land die inflasiekoers al oor die 2 miljoen persent is. Die skade aan Suid-Afrika raak ook by die dag groter met die tipe dreigemente van Malema, Vavi en kie. In wese was die boodskap sover dat geen hof Zuma daarvan gaan weerhou om pres. Thabo Mbeki op te volg nie en dat doodgemaak sal word daarvoor. Dis selfs ’n wilder variasie as dié van Zuma-ondersteuners wat tevore gedreig het bloed sal vloei as hy in die hof verskyn. Ná die klaaglike ineenstorting van die Menseregtekommissie wat eers sy rug styf probeer maak het teen die gevaarlike afdreiging en toe gaan lê het, was dit wat nou op Parys via Malema gebeur het, voorspelbaar. Malema het onder gelag en dawerende applous die gevaarlike doodmaak-spel só voortgesit: “Ons sal enigiemand elimineer wat in die pad staan. Daarvoor sal ons sterf.” Daardie ANC-leiers en hul alliansievennote wat stilswyend toekyk hoe dié opswepery voortduur en onder meer die regsproses in Suid-Afrika verdag gemaak word, moenie vorentoe as dié vonke kruitvate tref, vroom onskuldig probeer pleit dat hulle nie geweet het waartoe dit kan lei nie. Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, wat vroom sê sy party sal nie selfsug en eiebelang toelaat nie, moet besef: Dié soort afdreiging uit die ANC self op pad na die Zuma-presidentskap, is gevaarlik selfsugtig. Mantashe wat verklaar niemand sal die ANC gyselaar hou nie, moet besef: ’n Gesonde demokrasie en regstaat word gyselaar gehou met dié gevaarlike afdreiging rondom Zuma. Volksblad rig ’n ernstige versoek tot alle ANC- en alliansievennote-leiers: Staak hierdie gevaarlike spel voordat die bloed van onskuldige Suid-Afrikaners op jul hande is. Voordat ons kosbare demokrasie bloei en brand.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|