Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Byt vas deur dié storm en bly in die mark
Sep 30 2008 10:54:02:350PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers se verwerping eergisteraand van die voorgestelde reddingsplan van 700 miljoen dollar, dra by tot internasionale senuweeagtigheid.

Met binnelandse politieke en buitelandse finansiële woelinge wat verbruikers en beleggers onseker stem, is dit dus ’n effense gerusstelling dat 35 van Suid-Afrika se beste ekonome glo die ekonomie sal vanjaar met 3,36% groei teenoor die vroeëre skatting van 3,22%.

Bygesê, dit gaan maar werklik sukkel-sukkel as ’n mens begin opgewonde raak oor ’n verskil van minder as ’n halwe persentasiepunt.

Te midde van die kredietkrisis wat resessievrese in Amerika en Europa, Suid-Afrika se belangrikste handelsvennoot, lewend hou, verwag die ekonome in Sake24 se Ekonoom van die Jaar-kompetisie darem nie dat Suid-Afrika ’n resessie – negatiewe groei van twee agtereenvolgende kwartale – sal binnegaan nie.

Die beste voorspelling vir vanjaar is groei van 4% teenoor ’n slegste van 2,6%.

En volgende jaar se optimistiesste voorspelling is groei van 5,5%, met groei van net 1,5% die swartgalligste.

Vir wat dit werd is, die meeste ekonome verwag ondanks steeds hoë inflasiesyfers en hoë skuldvlakke dat rentekoerse nie verder verhoog sal word nie en teen die tweede kwartaal volgende jaar kan daal.

Die beste raad vir onseker tye geld steeds – moenie verder skuld maak nie, betaal bestaande skuld so gou moontlik af, moenie nou skielik al jou aandele verkoop of drastiese skuiwe aan jou beleggingsportefeulje maak nie.

Byt vas deur die storm en bly in die mark op lang termyn.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer