Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
SA se jeug moet veel beter toegerus word
Die omvang van die groot leemtes en probleme in Suid-Afrika se onderwysstelsel, is pas weer duidelik omlyn. In ’n opname onder sowat 54 000 gr. 3-leerlinge uit 2 400 laerskole, het hulle gemiddeld ’n powere 36 persent vir geletterdheid en 35 persent vir gesyferdheid behaal. Dis ’n groot onreg wat ons jeug aangedoen word om aan só ’n onderwysstelsel blootgestel te word wat sulke resultate lewer. Watter kans het sulke kinders vorentoe om ’n sukses van hul lewe te maak? Watter kans het die land om te groei? Die regering, departement van onderwys en alle ander betrokkenes sal eerlike selfondersoek moet doen oor dié tragiese toedrag van sake en met dringende regstellende stappe kom. Daar kan nie só voortgeploeter word met ons jeug nie. Mev. Naledi Pandor, minister van onderwys, het tereg daarop gewys uitdagings sluit in probleme met onderwysergetalle, -gehalte en -vermoë, gebrek aan voldoende ondersteuning vir leerlinge wat Afrika-tale gebruik, groot klasse, gebrek aan hulpbronne en gehalte-leierskap in skole. Dit is inderdaad, soos min. Pandor gesê het, “wankelrige gronde waarop ons onderrig vir van ons leerlinge bou, veral in landelike en arm gebiede. Dié situasie moet verander”. Een klein ligpuntjie, is dat dié jongste syfers beter is as die gemiddelde prestasie van 30 persent wat leerlinge in 2001 behaal het. Dit bly egter onaanvaarbaar laag. Uit die peiling blyk dit ook dat taalkwessies ’n duidelike impak op leerlinge se prestasies het, wat die belangrikheid van moedertaalonderrig weer eens onderstreep. ’n Sware verantwoordelikheid rus op min. Pandor en haar departement om die leiding te neem en te verseker dat ons jeug beter voorberei word vir die toekoms.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|