Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
NG Kerkfamilie en ‘Bemiddeling’
Dis jammer dat die gesprek oor kerkeenheid tussen die NG Kerk (NGK) en Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) só aan die skipbreuk ly is. Pleks van om vordering te maak en só ’n voorbeeld aan die land te stel, word agteruit geboer wat eenheid in kerkgeledere betref. Die moratorium op alle gesprekke oor kerkeenheid wat die VGK gelas het, is nie die antwoord op probleme binne die NG Kerkfamilie nie. Die NG Kerkfamilie het juis in die tye waarin groter polarisasie tussen Suid-Afrikaners op politieke en velkleurgebied is, ’n gulde geleentheid om Bybelse voorskrifte oor eenheid in die praktyk en in eie familiekring uit te leef. En só ’n broodnodige voorbeeld van versoening aan alle Suid-Afrikaners op alle lewensterreine te stel. Die agteruitgang in gesprekke oor kerkeenheid in die NG Kerkfamilie kom teen die agtergrond van rassepolitiek wat in die Mbeki-era bedryf is. In só ’n mate dat ook dr. Allan Boesak, vorige assessor van die VGK, onder diegene is wat tevore sy kommer oor nie-rassigheid in die land uitgespreek het. Die onlangse stigting van die Bruin Belange Inisiatief is tekenend van ook ’n groter klem op eie velkleur en groepsbelange in die bruin gemeenskap. Dieselfde verskynsels is in die swart en wit gemeenskap aanwesig. Dié agtergrond en klimaat onderstreep hoe moeilik dit gaan wees om sinvolle kerkeenheid te bewerkstellig. Die uitdaging vir die betrokke kerkleiers en kerke is om as’t ware stroomop te probeer swem in ’n stroom waar al te menslike emosies en swakhede soos vooroordele op grond van velkleur, deur die eeue heen hartseer en verwydering tussen mense veroorsaak het. Weens die omvang van die uitdagings wat oorkom moet word, sal kerkleiers koelkop moet bly eerder as om oor en weer te verwyt. Foute sal sekerlik oor en weer uitgewys – selfs uitgebuit – kan word. Maar dít sal nie die saak van kerkeenheid versterk of bevorder nie. Alle betrokkenes – van kerkleiers tot op die vlak van lidmate van gemeentes – sal moet wys dat hulle beter kan doen as ’n gebroke, sekulêre wêreld. Dat hulle toegang het tot ’n Bemiddelaar wat eenheid kan bring sodat daar nie al te menslike skeidings en vooroordele tussen Christene is nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|