Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
SA moet alles in stryd werp teen MIV/vigs
Die ontwikkeling van MIV-toetstoestelle waarmee daar deur middel van ’n vingerprik feitlik dadelik bepaal kan word of mense die virus wat tot vigs lei in hul bloed het of nie, is ’n uiters belangrike ontwikkeling in die stryd teen die vigspandemie. Dit red lewens, want dit beteken dat meer mense vinniger getoets kan word vir die siekte. En feitlik dadelik weet wat hul status is. Indien nodig kan hulle ook gouer met behandeling begin. Voorheen moes mense tot ’n week lank wag vir die uitslag van toetse. Daar was dan die gevaar dat mense dikwels nie na die fasiliteit waar die bloed vir toetsing getrek is, teruggekeer het vir die uitslag nie. Dit het meegebring dat mense wat MIV-positief getoets het, terug na hul gemeenskappe is sonder dié belangrike inligting. Hulle het nie hul leefgewoontes en sek?sue?le gedrag dienooreenkomstig aangepas nie. Die aanvanklike euforie oor die toestel is ietwat gedemp toe van dit onlangs herroep is omdat dit foutief was. Dít is ’n groot terugslag, veral omdat dit maklik voorkom kon word. Indien gehaltebeheer streng afgedwing is en ’n behoorlike reguleringsraamwerk in plek was, behoort dit nooit te gebeur het nie. Suid-Afrika, met sy hemelhoë vigssyfers, kan nié sulke agtelosigheid bekostig nie. Een van pres. Thabo Mbeki se swak punte was sy wapraatjies rondom vigs. Toe dít blyk hoe hy hom hiermee misgis het, het hy hom ook nukkerig aan die vigsdebat onttrek. Dít terwyl honderde Suid-Afrikaners daagliks daaraan sterf. Hopelik sal Suid-Afrika se nuwe president, Kgalema Motlanthe, voor in die loopgraaf wees in die reuse-geveg teen dié MIV/vigskrisis.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|