Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Herstel vertroue in die politieke stelsel
Prof. Barney Pityana, rektor van Unisa, en mnr. Roelf Meyer, oud-politikus, se pleidooie vir ’n meer verantwoordbare kiesstelsel moet stof tot nadenke vir die ANC wees. Verskeie faktore in die onlangse verlede het veroorsaak dat kiesers se vertroue in die politieke stelsel getaan het en talle peilings bevestig dít. Die politieke gemors waarop die oorloopwetgewing uitgeloop het, het ’n groot rol gespeel. Genadiglik het die ANC tot sy sinne gekom oor dié wetgewing, maar die skade wat dit gedoen het aan mense se persepsies oor die politiek, leef voort. ’n Verdere faktor is die huidige vergeldingsoorlog wat in die ANC woed. Dit is ’n illustrasie wat met die politiek gebeur as eiebelang en magslus die oorhand kry bo diensbaarheid aan die kiesers. ’n Kiesstelsel wat voorsiening maak vir groter verantwoordbaarheid deur politici, kan baie doen om dié skade te herstel. Op die oomblik geld ’n stelsel van suiwer proporsionele verteenwoordiging waar LP’s van lyste af verkies word wat deur die party opgestel word. Die ANC gebruik dié stelsel om sterk beheer uit te oefen oor wie verkies word en om toe te sien dat verkose lede gedweë by partystandpunte hou. In dié opsig is die werking daarvan ondemokraties omdat dit onder meer die oorsig- en moniteringsfunksie van die Parlement belemmer. Pogings om groter verantwoordbaarheid na die politiek te bring het egter gesneuwel toe ’n taakspan onder leiding van dr. Frederik van Zyl Slabbert aangestel is om dié kwessie te ondersoek. Slabbert-hulle het aanbeveel dat, naas proporsionele verteenwoordiging, ’n kiesafdelingselement ingevoer moet word, sodat kiesers meer regstreekse beheer oor hul verkose verteenwoordigers kry. Dié en ander aanbevelings is egter deur die ANC doodgeswyg. Sedertdien was daar sprake dat die saak weer bekyk kan word, maar te midde van al die interne woelinge in die ANC is dit nie verbasend dat niks nog gebeur het nie. Uiteraard is dit nou al te laat om enigiets aan die saak te doen voor die komende verkiesing. Dit moet egter een van die nuwe regering se eerste prioriteite wees wanneer hy sy plek in die Uniegebou inneem. Die kiesers verdien beter.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|