Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Tydige waarskuwing oor skel-politiek
Nov 18 2008 12:59:59:530AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dis ’n tydige waarskuwing van mnr. Mosiuoa Lekota, voorsitter van die Congress of the People (Cope), oor haat-spraak.

’n Miljoen Tutsi’s is binne drie maande in 1994 in die volksmoord in Rwanda vermoor.

“Hulle is ook as kakkerlakke beskryf. As die ANC-leierskap ons as kakkerlakke beskryf, moet ons verstaan hulle sê aan hul lede die mense moet vernietig word,” het Lekota gesê.

Die ANC moet sy skelname soos slange, honde en stinkende perde nou staak.

Dié party moet nie agterna sê hy is nie gewaarsku oor wat die gevolge van sulke opswepery kan wees nie.

Hier kort voor die einde van die jaar is dit duidelik dat 2009 – verkiesingsjaar – op ’n drafstap gaan afskop. En daar is nie plek vir skel-politiek nie.

Die totstandkoming van Cope en die herbekendstelling van die DA die naweek is belowende tekens van nuwe lewe.

Dit is ook duidelik dat die ANC tot op grondvlak in sy takstrukture verswak is deur sy interne vergeldingsoorlog.

Solank dié party só arrogant bly om sy partyleier wat in die hof moet antwoord op ernstige aanklagte, voortydig – en met ’n afdreigery van doodmaak en bloed – as volgende president te wil afdwing op Suid-Afrikaners, sal dié party se aansien bly taan.

Politieke respek word ook nie verwerf deur al die kaperjolle op belastingbetalers se koste om Zuma se afspraak met die hof te probeer vermy nie. Of om vir dié ANC-leier ’n sogenaamde “politieke oplossing” eerder as die paadjie deur die hof, te soek nie.

Die sage wek die indruk dat daar dalk iets groots kan wees om weg te steek. Want hoekom anders sal ’n party sy eie beeld so skaad?

Hierdie sameloop van omstandighede skep die geleentheid om in aanstaande jaar se verkiesing ’n groter magsewewig in die politiek tot stand te bring.

Ander opposisiepartye soos die VF+ het ook nou te kenne gegee dat hulle aanstaande jaar se verkiesing wil benader in ’n gees van samewerking met ander opposisiepartye.

Dit is eweneens ’n goeie teken, want opposisiepartye se grootste uitdaging vir die komende weke en maande in die aanloop tot die verkiesing is om hul gedeelde waardes uit te stippel.

Uiteraard sal die verskillende partye klemverskille hê, maar die Grondwet en sy waardes kan maklik ’n samesnoerende element wees tussen partye wat mnr. Jacob Zuma en sy ANC die stryd wil aansê. Sy verbintenis tot die Grondwet is juis onseker.

Tweedens moet opposisiepartye nou onderling ooreenkom om hul veldtogte op só ’n wyse te voer dat koalisies ná die verkiesing sonder veel omhaal moontlik is.

Alles dui daarop dat koalisies tussen Cope, die nuwe DA, en ander opposisiepartye die weg is om die ANC se sterk greep op mag in die provinsies te breek.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer