Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Springbok-embleem en versoening
Nov 20 2008 12:13:30:530AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit is sowat ’n maand gelede dat die ANC-leier dr. Mathews Phosa erken het dat sy party gefaal het in sy pogings om versoening in ons land te bewerkstellig.

Toe het ons in ’n hoofartikel opgemerk hoe ironies hierdie bekentenis is omdat dit feitlik saamgeval het met die eise van ANC-beheerde sportliggame dat die Springbok-embleem afgeskaf moet word.

Volksblad het daardie hoofartikel hoopvol afgesluit: “Die ANC het gelukkig verklaar dat daar eers wyd oor die saak gepraat en beraadslaag sal word – ook met rugbyondersteuners. Die tyd sal moet wys of dié versoeningsbal ook in die politiek laat val gaan word.”

Van daardie belofte van wye beraadslaging het niks gekom nie. Want eergister het die minister van sport ná ’n vergadering met Saru bekend gemaak dat die Bok-embleem op die trui geskuif gaan word en heeltemal van die kleurbaadjies van Springbok-rugbyspelers gaan verdwyn.

Al wat mnr. Oregan Hoskins, president van Saru, hierop wou sê, is dat die gesprek “positief” verloop het en dat hy daaroor aan die presidentsraad van Saru verslag gaan doen.

Dit lyk egter of die slag gelewer is. En Saru is in ’n feitlik onuithoudbare posisie. Want die rugbyondersteuners, in werklikheid Saru se aandeelhouers, se mening is glad nie gevra nie.

Minister Makhenkesi Stofile se bombastiese “ons wil die Springbok nié daar hê nie, hy moet weg” trek minagtend ’n streep deur Madiba se onvergeetlike versoeningsgebaar in 1995 toe hy in ’n Springbokrugbytrui saam met die spelers op Ellispark die Bokke se Wêreldbeker-triomf gevier het.

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu verwoord die onverkwiklike embleem-twis só: “Ons soek dinge om ons te laat saamstaan. Ons moet beter dinge vind om oor te stry.”

Inderdaad. Terwyl die regering sy onverdeelde aandag aan krisisse soos misdaad, MIV/vigs en onderwys behoort te wy meng hy hom in met ’n sport wat nou al twee keer aan Suid-Afrika die wêreldkroon besorg het.

As die ANC-regering dink hy gaan op dié wyse versoening bewerkstellig, wag ’n groot ontnugtering op hom.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer