Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Argitekte bied opwindende feestoere
Jun 29 2007 07:08:09:013PM  - (SA)  
jan ras



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Argitektuur met mening! Vanjaar, tydens die Volksblad–kunstefees, bied die Vrystaatse Instituut van Argitekte (VIA) twee baie spesiale lesings aan. Die twee sprekers is mnre. Anton Roodt van Bloemfontein en Stefan Antoni van Kaapstad. Albei sprekers is werklik meesters van argitektuur.

Argitektuur word soms die moeder van die kunste genoem. Die VIA plaas graag die fokus op argitektuur deur die aanbieding van die Plascon–argitektuurlesings, sowel as die twee argitektuurtoere na nuwe huise en selfs omskeppings van bestaande huise.

Anton Roodt van Die Roodt–Vennootskap in Bloemfontein is geen onbekende in die sentrale streek van Suid–Afrika nie. Die firma herdenk vanjaar sy 25ste bestaansjaar. Die vennootskap het oor die jare veral bekendheid vir restourasie en bewaring verwerf. Hieronder tel natuurlik die Ou Presidensie in Bloemfontein. 'n Omskepping van 'n bestaande woonhuis – Huis Pienaar – was voorheen deel van die huistoere. Roodt se kennis oor huise strek van strandhuise, dorpshuise en plaashuise tot woonstelle en vele meer. Die titel van die lesing is 'n Tuiste is nie 'n huis nie.

Die Roodt–Vennootskap is nou by verskeie hoêprofielgeboue in die Vrystaat betrokke. Kontemporêre argitektuur word uitgeleef deur die gebruik van tipies tradisionele Vrystaatse boumateriale. Hierdie firma het nie minder nie as sewe eerbewyse vir sy projekte oor die jare heen ontvang.

  • Stefan Antoni Olmersdahl Truen Architects: Recent work.

    Die titel van die lesing voorspel groot opwinding. Argitek Stefan Antoni het sy graad in 1985 aan die Universiteit van Kaapstad (UK) met onderskeiding verwerf. Die praktyk het in Kaapstad met 'n sensuele ontwerpbenadering naam gemaak en spesialiseer veral in die hoê–inkomste– residensiêle mark.

    Hier is begroting en vakmanskap 'n noodsaaklikheid. Antoni is besonder energiek en kreatief. Hoewel die firma veral bekendheid vir sy huise– oor Suid–Afrika heen en selfs tot in plekke soos Spanje– verwerf het, is hy ook by verskeie indrukwekkende kommersiêle projekte betrokke. Hieronder tel korporatiewe kantore, restaurante, interieurs, winkelsentrums en hotels.

    Die firma het sedert sy ontstaan in 1987 nege verskillende eerbewyse verwerf. Die Plascon–argitektuurlesings vind op 11 en 12 Julie om 19:00 in die Rindlsaal op die UV–kampus plaas. Die gewilde huistoere – vanjaar is daar slegs twee toere en twee lesings – vind op 10 en 11 Julie plaas. Dit duur van 15:00 tot 18:00.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer