Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Nuttige riglyne vir pragtige rose
ONDANKS die herhaaldelike koue fronte wat ons uit die suide teister, loop rose en al die ander plante in ons tuine flink uit. Alles en almal maak hulle reg vir 'n heerlike somer. Trouens, hierdie naweek beloof om heerlik en sonnig te wees. Dit beteken dat ons die versorging van ons rose moet opskerp, dat daar meer water gegee moet word en dat deklae die roosbeddings behoorlik moet bedek. Dit is nie 'n kuns om mooi rose te hê nie. Dit verg netjiese beplanning en organisasie en dan toegewyde aandag om te verseker dat al die beplande aksies op hul tyd uitgevoer word. Die volgende is 'n program wat jy gerus vir die volgende paar maande as riglyn kan gebruik: (Datum, moontlike probleme waarvoor gespuit moet word, kunsmis wat toegedien kan word.) ) 3 September: blaaspootjie 5:1:5, blaarvoeding ) 10 September: blaaspootjie ) 17 September: blaaspootjie, plantluise blaarvoeding ) 24 September: blaaspootjie, plantluise ) 1 Oktober: blaaspootjie, plantluise, meeldou 5:1:5, blaarvoeding) 8 Oktober: blaaspootjie, plantluise, meeldou ) 15 Oktober: plantluise, meeldou, blaarvoeding ) 29 Oktober: plantluise, swartvlek 5:1:5, blaarvoeding ) 12 November: plantluise, swartvlek blaarvoeding ) 26 November: plantluise, swartvlek 5:1:5, blaarvoeding ) 10 Desember: plantluise, swartvlek blaarvoeding ) 24 Desember: plantluise, swartvlek 5:1:5, blaarvoedingHierdie rooster gee jou 'n riglyn van waarna jy moet oplet in jou roostuin. 'n Mens spuit nie vir plantluise as daar nie is nie, maar jy moet op die uitkyk wees daarvoor. Dieselfde geld meeldou. 'n Mens spuit net daarvoor as dit teenwoordig is. Vir swartvlek begin 'n mens voorkomend spuit, die oomblik wat dit snags begin reën of as dit swaar dou. As die nagte droog bly soos verlede November en Desember, kan jy rustig wag met die spuitkan tot die moeilikheid dit wil sê die reën begin. Meeldou: Solank die nagte koud bly, is daar twee probleme wat die rose teister. Die een is blaaspootjie, die ander meeldou. Meeldou is 'n swamsiekte wat met swamdoders behandel word, terwyl blaaspootjie 'n insek is wat met insekdoders behandel word. Hoewel sekere roossoorte meer vatbaar is vir meeldou, is rose wat in of naby koelte groei, ook meer vatbaar vir dié siekte. In 'n tuin waar daar min beweging van lug is, is hierdie siekte ook meer aanwesig. Blaaspootjie wat die afgelope paar jaar sy verskyning op die Suid-Afrikaanse Hoëveld gemaak het, is 'n baie moeilike kalant omdat hy op feitlik alle tuinplante kan oorleef. Terwyl jy jou rose in die beddings spuit, vlug hy vinnig na die omliggende plante. Dit is in so 'n geval dus beter as 'n mens jou rose met 'n langwerkende, sistemiese doder spuit. Dit verseker ook dat plantluise uitgeskakel word. Indien jy nie met hierdie sistemiese middels spuit nie, sal jy elke week moet spuit totdat die nagte begin warm word. Plantluise kan 'n probleem word teen einde September as die lote voluit uitgeloop is. Die plantluise sak met mening toe op daardie vol uitgeswelde blaartjies en roosknoppies. As 'n mens mooi rose in Oktober wil hê, moet jy seker maak dat die luise nie daardie sappe in September uitsuig nie. Indien jy hierdie roosprogram stiptelik volg, sal jou rose welig en gesond wees omdat hulle genoeg voedsel kry. Daardie kunsmis wat by die wortels toegedien word en die blaarvoeding wat op die blare gespuit word, sal wondere vir rose doen. So, moenie daarmee afskeep nie. Dit sal verseker dat die plante meer bestand is teen al die plae wat hulle gaan bombardeer. Jy moet natuurlik ook nog verseker dat jou rose genoeg water kry en dat hulle met 'n deklaag beskerm word. Met hierdie roosprogram sal jy vir seker mooi rose hê vir die Rosefees wat 19 Oktober gaan plaasvind. Volgende keer sal ons die Rosefees en spesifiek die plukrooskompetisie bespreek. As jy navrae het oor rose of die plukrooskompetisie, is jy meer as welkom om Dirkie of Jeanne by Roses for U by 051-441-7876 te bel.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|