Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Kikker jou huis op met dié pragtige goed
AS jy net eers verby die heerlike aromas van die Webber-demonstrasie kom, is daar heelwat interessanthede op vanjaar se Homemakers-ekspo op die Bloemfonteinse skouterrein. Maar gaan sit eers 'n rukkie hier en kry 'n paar oulike idees by die sjefs by dié buitelug-kosdemonstrasie wat deur Marcelle en Lehan Botha aangebied word. Daar is vanjaar 196 uitstallers op die ekspo wat wissel van meubels, dekor-artikels, tuintoebehore, sonpanele en vele meer. Die uitstallers met die beste stalletjies is gisteraand op 'n geselligheid bekend gemaak. Die eerste plek is toegeken aan Kwik Kerb wat 'n netjiese uitstalling van hul plaveistene gemaak het. In die tweede plek was die uitstalling van Vryheid Country Furniture. Hierdie klassieke kiaatmeubels word in 'n fabriek op dié KwaZulu-Natalse dorp vervaardig en landwyd versprei. Derde was die stylvolle stalletjie van St. James Land. Besoekers aan die ekspo kan gerus moeite doen en met die mense by die verskillende stalletjies gesels. Soms sien jy bloot nie met die eerste oogopslag wat presies by 'n stalletjie aangaan nie. Soos die oulike elektriese kaggels wat uitgestal word. As jy wonder waarom daar 'n stalletjie vir kaggels hier kort voor die hittige somer is, kyk gerus 'n bietjie van naderby. Dié gesellige kaggels is ten volle elektries en die vlamme wat binne rondspeel, word met oulike ligtegnieke verkry. Jy kan jou kaggel dus aanskakel vir effek, sonder dat die vertrek warm word. In die koue wintermaande kan jy dan net ?n knoppie druk en dit word gou snoesig warm in die vertrek. Daar is ook uitstallings van ondervloerse verhitting, kombuistoerusting wat regtig werk, mooi goed vir die tuin, toerusting vir die selfdoener, badkamerbybehore, motorhuisdeure en vele meer. Op die ekspo kan jy nie net sien wat die nuutste neigings is nie, maar ook mense se slim planne vir die huis ' soos die talle oulike glyrakke vir die kombuis. Besoekers kan die ekspo nog vandag en môre bywoon. Hekke open om 09:00 en sluit om 19:00. Toegang vir volwassenis is R20, pensioentrekkers betaal R10 en kinders onder 12 jaar se toegang is gratis. Gaan kry dus hierdie naweek nuwe inspirasie en begin hierdie lente met ywer jou huis en tuin mooimaak.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|