Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Moderne huis vorm deel van natuur
Oct 13 2007 03:13:49:950AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DIE Maarsingh-egpaar wou 'n moderne huis hê wat die natuur innooi wat warm en oop is en tog 'n gesellige atmosfeer skep.
Wat die argitek, mnr. Nico le Roux, teen die koppie in Lillyvaleweg geskep het, is presies dit en veel meer. Carolin vertel sy en Dirk wou graag 'n huis laat bou wat by die omgewing aanpas en dit kompleteer.

Opvallend as jy voor die huis staan, is die imposante glasfasade wat noord in die rigting van die Botaniese Tuin uitkyk. 'n Breë trap lei op na die stoep en glasdeure skuif oop om die hele leefruimte deel van die stoep te maak. Ook aan die suidekant van die huis teen die koppie is glasdeure sodat jy van binne die leefruimte oral n uitsig na buite het. Die woonkamer, televisiekamer, kelderhoekie, eetvertrek en oopplankombuis vorm alles deel van die leefruimte.

Die linkervleuel van die huis bestaan onder uit 'n gastekamer en 'n werkkamer en op die eerste verdieping uit die kinders se kamers en badkamer en die hoofslaapkamer. Die slaapkamers op die eerste verdieping het almal deure wat oopmaak op stoepe en op lekker dae staan die deure oop sodat 'n natuurlike briesie die huis afkoel.

In die hoofslaapkamer se en suite-badkamer is 'n groot venster na die koppie se kant toe wat ook heeltemal oopskuif en 'n mens die gevoel gee jy is in die veld. Die badkamermure is afgewerk met 'n gladde pleister wat 'n interessante effek skep.

Danksy die groot glaspanele is die huis in die wintermaande sonnig en warm en 'n kaggel en ondervloerse verhitting verhit op bewolkte dae en saans die huis.

Carolin sê die huis is met natuurlike kleur teëls in plaas van mat uitgevoer. Dit maak die lewe makliker wanneer die kinders van die swembad op die stoep met nat voete die huis inloop.

Dirk, 'n ywerige fietsryer, het vir hom en die gesin 'n fietskamer langs die motorhuis ingerig. Hier word al die fietse gebêre en kan daar aan die fietse gewerskaf word. Die meubels in die huis het hulle oor jare heen bymekaar gemaak en daar is veral pragtige tafels en stoele van Plettenbergbaai se omgewing. Carolin vertel hulle het by 'n oulike winkel daar oor die jare van die koffietafels tot die eetkamertafel gekoop. Die koffietafels is van geelhout en die eetkamertafel van kershout. Omdat dit van die kus af kom, moet dié meubels hier in die droë Vrystaat weekliks behandel word. Maar dis beslis die moeite werd, want hierdie meubels is nie net mooi nie, dis eiesoortig.

Een van die besonderse fokuspunte in die woonkamer is die drie tulp-skilderye wat die Maarsinghs by vriende gekry het. Dié vriende het na Masedonië verhuis en moes van al hul huisraad ontslae raak. Gelukkig het die skilderye perfek gepas in 'n hoekie in die Maarsinghs se leefvertrek en is dit nie net 'n mooi fokuspunt nie, dit herinner hulle aan hul vriende oorsee.

Of jy nou binne die leefvertrek kuier of buite op die stoep, die uitsig oor die landskap is hier aards en rustig. En laatmiddag wanneer die wêreld in sagte kleure gehul word, draai die windpomp daar voor tussen die struike flink voort.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer