Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Hemelse parfuum is peperduur
Oct 27 2007 03:22:09:517AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DIT is interessant om te weet die produkte wat van sekere plante verkry word, kan so peperduur wees soos die van roosattar en saffraan. Almal se oë is altyd op die Midde- Ooste gevestig en ons voel die onbestendigheid met petrolpryse wat gedurig styg. Bulgarye, 'n ander ryk olieland, se doen en late gaan ons egter nie aan nie. Bulgarye produseer roosattar, 'n geelgroen olie wat uit roosblomblare gedistilleer word en wat vir die hemelse geure van parfuum verantwoordelik is. Soos wat ons goud as reserwe het, het dié land honderde dromme met olie in banke as deposito. Daar word internasionaal met hierdie kosbare olie handel gedryf. Een kilogram olie kos meer as R50 000. Die olie word in metaaldromme verpak en aan parfuumvervaardigers verkoop. Hierdie bedryf is letterlik goud werd vir die land en daar is meer as 2 500 wetenskaplikes heeltyds in die bedryf wat navorsing oor rose aan hul universiteite doen. In die sentrale streek van Bulgarye is daar 'n strook van ongeveer 100 km x 10 km wat dig met rose beplant is en waar die kosbare roosblare geoes word. Die blomme word na ongeveer 40 verskillende fabrieke vervoer waar dit gedistilleer word. Ongeveer 4 000 kg roosblare is nodig om 1 kg suiwer roosattar te produseer. Die oestyd van die blomme is maar kort. Dit begin in Mei en duur omtrent drie weke. Probeer gerus om jou eie roosolie te maak. Gooi suiwer olyfolie in 'n glas- of keramiekmengbak. (Koop dié olie by 'n apteek. Pak die hele bak vol vars blomblare en laat dit twee dae lank week. Dreineer die olie deur 'n stuk kaasdoek en vryf die olie uit die res van die blare. Herhaal die proses 10 tot 12 keer. Bottel die olie. Die olie kan in baie kosmetiese produkte gebruik word of as skoon 'olieparfuum' aangetik word. Gebruik bekende welriekende rose om jou olie mee te maak. Ander welriekende blomme soos katjiepiering of brunsfelsia kan ook gebruik word. Saffraan is die duurste spesery ter wêreld. Die woord saffraan is van Midde-Oosterse afkoms en beteken geel draadjies wat verwys na die fyn, garingagtige, droë stigmata wat van die krokusblom geoes word. Elke blom bevat net drie stuifmeeldrade en om 1 kg saffraan te bekom, is dit nodig om 17 000 blomme te oes. Dit moet per hand gepluk word en is dus baie arbeidsintensief. Iran lewer ongeveer 85% van die wêreldproduksie wat sowat 2 004 225 ton per jaar is. Spanje produseer op kleiner skaal, maar is die grootste primêre internasionale verspreider. Crocus sativus kan floreer waar die land se weerpatrone, klimaat en selfs grondtoestande met dié van Mediterreense streke ooreenstem. Die plante benodig sand?erige grond, voldoende sonlig, warm, droë somertemperature en voldoende water in die wintermaande. Die krokusplante wat vandag gekweek word, is gekultiveer en gekies vir die langer stuifmeeldrade, maar is steriel. Hulle vermeerder deur die bolle in die somer 15 cm uit mekaar te plant In Indië, Tibet en China word saffraan as kleurstof vir die kenmerkende gewade van Hindu- en Boeddhiste-monnike gebruik. Die kenmerkende oranje-geel kleurstof  kan  blykbaar  ook  van katjiepieringblomme  verkry word. Borrie, nog ;'n bekende spesery, is 'n goedkoper alternatief, maar die kleur wat verkry word, is nie so helder soos dié van saffraan nie. Vanweë die hoë pryse wat saffraan behaal, het dit glo 'n aantreklike alternatief vir opiumproduksie in Afghanistan geword. Reeds in 1200 v.C. het Venesiese handelaars 'n handelsroete langs die Middellandse See bedryf. Navorsers reken die verbouing van saffraan kan tot prehistoriese Griekse tye teruggevoer word. Om krokusblomme in die Suidelike Halfrond te kweek is nie so maklik nie en die bolle word nie kommersieel bemark nie. Tuiniers wat die blomme in hul tuine het, het dit waarskynlik by iemand gekry en plantversamelaars verseker die voortbestaan van dié blomme. Daar is soorte wat in die lente blom, maar die meeste blom in die herfs en die kleure is gewoonlik wit, geel of pienk.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer