Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Tuin op Edenburg loop oor van kleur
EDENBURG. Op dié dorp ken almal dié tuin met sy lentekleure en veral irisse wat mildelik in Oktober blom. Maar selfs middel November loop dié tuin op Edenburg oor van kleur rose, daglelies en 'n magdom ander blomme in sagte pastelkleure. Mev. Naomi Noordman en haar man, Ottlie, woon nou al 26 jaar hier op die dorp in Ackermanstraat 1 nadat hulle jare op die plaas Kareefontein in die distrik gewoon het. Sy glo nie daaraan om in boeke en tydskrifte te kyk en ander na te maak nie, maar sy doen haar eie ding op haar eie manier. Die gevolg is 'n lieflike groen tuin met spatsels kleur en slim planne wat sy beraam het in die kaal koeltekolle. Sy het sewe soorte irisse in verskillende kleure oral in die tuin. Benewens die roostuin gevul met geharde rose soos Goldmarie en die Karoo-roos, is daar in ander beddings ook inkalelies, tierlelies en daglelies wat elk 'n bydrae lewer om die tuin te verfraai. Die grootste probleem wat hulle hier ondervind, is die beeste en perde wat die blomme in die tuin kom vreet. Maar dit is seker maar iets waarmee 'n mens moet saamleef as jy op die rand van die dorp leef en jou verlustig in die rustigheid en oop ruimtes hier. Hulle jaag die rondlopers in 'n leë erf oorkant die straat totdat die eienaars hul diere kom opeis. Natuurlik hou die droogte en die koue winters 'n ander soort beproewing in. In een hoekie wat maar net nie aan die gang wil kom nie, het mev. Noordman nou 'n ordentlike droogtetuintjie begin bou met botterblommetjies uit die veld en allerlei ander geharde plante. Jare lange tuinhulp mnr. Kiewiet Olifant help om hierdie pragtige tuin behoorlik 'n baken op Edenburg te maak.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|