Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Skep oulike hoekies in jou tuin
DIT is feestyd en tyd vir buitekuiers. Jy kan in 'n japtrap nuwe sithoekies in jou tuin skep en dit hoef nie duur te wees nie. Lizette Jonker gee die volgende oulike wenke vir die maak van 'n kuierhoekie in die Desember-uitgawe van Tuis. Kits-koffietafel Soms het jy stoele, maar nie 'n oulike koffietafel vir oggendtee saam met jou vriendin in jou voortuin. Skep somer gou-gou dié gesellige sithoekie met behulp van twee tuinstoele (hierdie is van Mr Price Home) en 'n goedkoop, selfgemaakte koffietafel. Hulle het R5 per houtpalet betaal by hul naaste teëlwinkel, die palette middeldeur gesaag (sommer met 'n hand-sagie), elke helfte bo en onder met oorskiet-emaljeverf bygedam sodat die reën nie die hout beskadig nie, en siedaar jy het 'n kuierplek. Die breekgoed en tafeldoek is van Mr Price Home. Blarehemel In menige agterplaas staan daar 'n vrugteboom (soos dié vyeboom) of 'n boom met onkruid en rommel onder hom. Dis onbenutte tuinspasie. Jy kan die rommel wt jy nie dadelik kan weggooi nie, agter 'n takskerm wegsteek. Koop 'n takskerm in een van talle ontwerpe en groottes by tuinsentrums of ysterwarewinkels. Hark die grond onder jou boom gelyk, plaas onkruidmat soos Weedgard of Plantex op die grond en bedek dit met gruis. Hang 'n kandelaar bokant 'n tafeltjie gebruik 'n sterk tak en hang die kandelaar aan 'n ketting wat jy by 'n ysterwarewinkel koop. Die kussings, kandelaar (R229) en glase is van Mr Price Home, die sandsteenfaeltjie en ysterstoele is van Akzento, die wit metaalketting van Builders Warehouse en die metaal-engel (R846) van MG Box. Kerse is 'n romantjiese en feestelike keuse vir tuinbeligting. Hierdie tuinkerse het stokkies onderaan sodat hulle in die grond gesteek kan word. Versier emmertjies met rooi papierlint vir 'n feestelike gevoel dit is ideaal vir 'n windstil hoekie. (Kerse R29,99 vir 'n pak van vier by Clicks en papierlint R14,99 vir 'n rol by Clicks.) Die Desember-uitgawe met allerlei oulike Kersfees-idees is nou beskikbaar.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|