Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Begin dag met styl in eie ontbyt-eethoekie
DIEETKUNDIGES sê dat ontbyt een van die belangrikste etes van die dag is. Dit maak dus net sin dat jy 'n plek in jou huis moet hê wat hoofsaaklik vir hierdie maaltyd ingerig is. 'n Eethoekie in jou kombuis, enige omliggende vertrek of selfs in jou tuin in die somer sal maak dat jy hierdie tyd van die dag meer waardeer. Het jy dalk nie op die oomblik so 'n plek nie? Die goeie nuus is dat dit glad nie moeilik of baie duur is om sommer self só 'n hoekie in jou huis te skep nie.Die voorvereiste vir enige eethoekie is dat 'n mens gemaklik voel as jy daar sit en dat dit in 'n vriendelike deel van jou huis is waar jy rustig kan wees, se mnr. Chris Zimberlin, 'n binneontwerper. Volgens hom is die ouer weergawe van hierdie soort hoekie met die tradisionele tafel, bankie en stoele deesdae nie meer so gewild nie, aangesien mense 'n baie meer gejaagde leefstyl het. Daarom, verduidelik hy, is mense nou meer geneig om 'n blad teen ?n muur in die kombuis of voor 'n venster op te sit, met kroegstoeltjies waarby hulle vinnig iets kan hap, hul koffie kan drink en die koerant kan lees voordat hulle werk toe gaan. Me. Cindy Segal, nog 'n binneontwerper, meen egter weer dat jou ontbyt-eethoekie juis 'n afgeslote en beskutte plek moet wees waar jy kan ontspan voordat die gejaag van die dag begin. Die Engelse woord breakfast nook het 'n aangename konnotasie en 'n mens dink dadelik aan 'n warm, intieme en knus plek waar jy alleen of saam met 'n klein groepie familie of vriende kan ontspan. Dit moet ?n gesellige plek wees waar alles byderhand is. 'n Komvenster (Bay window) of 'n deel van jou kombuis wat lekker baie oggendson kry, is dus ideaal, want dan hoef jy nie die gemak van die kombuis te verlaat vir die koue, ongesellige eetkamer nie, sê Segal. Volgens Segal is dit ook nie moeilik om so 'n hoekie in jou kombuis te skep as jy dalk nie 'n komvenster in jou kombuis het nie. Kry net 'n klein tafeltjie en 'n gemaklike stoel of twee en voila! Dit maak van jou kombuis 'n vertrek waarin daar nie net kos gemaak word nie, maar waarin daar ook gekuier kan word, sê sy. Zimberlin en Segal stem saam dat jy die plek waar jy jou eethoekie gaan skep, baie noukeurig moet kies. Hulle noem albei dat dit 'n deel van jou kombuis, 'n omliggende vertrek of jou tuin moet wees wat oggendson kry. As jy egter nie oggendson in jou kombuis kry nie, skep dan die gemaklike, knus effek deur goeie beligting te gebruik, dalk 'n muurlig, 'n opvallende hanglig of 'n kroonkandelaar, voeg Segal by. Zimberlin stel weer voor dat jy in so 'n geval gebruik maak van verdofbare down lighters. Jy kan jou eethoekie baie gemakliker en knus maak deur strooikussings op jou stoel of bankie te sit en 'n mooi outydse plaastafeldoek van gingang (gingham) oor jou tafel te gooi. So 'n eethoekie sal beslis verseker dat jou kombuis 'n kuierplek word waar mense gemaklik met mekaar kan sit en praat terwyl hulle kos maak of sommer net koffie drink, sê Segal. Skep dus hierdie somer jou eie eethoekie in jou koel kombuis en ontsnap sommer ook só van die somerhitte terwyl jy die belangrikste maaltyd van die dag nuttig en saam met jou gesin kuier.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|