Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Verskillende sonneblomme 'n bekoring in Kby-tuin
Dit is iets wat min mense nog ooit die voorreg gehad het om te sien.Só beskryf mev. Rita du Toit haar pragversameling van verskillende sonneblomme. Daar is die gewone geel sonneblomme, maar in haar paradystuin van groen gras en pragtige kannas is daar ander sonneblomme ook. Geel dubbelsonneblomme, rooi sonneblomme, swart sonneblomme en bruin sonneblomme. Die storie van mev. Du Toit en haar sonneblomme het ongeveer drie jaar gelede begin in haar en haar man, Piet, se huis in Gemsboklaan 6, Verwoerdpark.Die egpaar woon reeds 40 jaar in dié huis en mev. Du Toit was nog altyd baie lief vir blomme en tuinmaak.Maar sy koester nog altyd die sonneblom diep in haar hart en selfs die gewone veldsonneblomme hou vir haar bekoring in.?Drie jaar gelede het ek begin om die geel dubbelsonneblom te plant. Verlede jaar het ?n vriendin van Nederland vir my nog sonneblomsaad gebring,? vertel sy trots oor hoe alles begin het.Sy het elke liewe saadjie wat die sonneblomme laat skiet het, opgetel en weer geplant. Sy het die plantjies gekoester en met liefde behandel.Die gevolg was beddings en beddings gevul met variasies van sonneblomme.Haar sonneblomme troon tot 3 m die lug in en haar grootste sonneblom was 34 cm in deursnee.Oor die versorging van haar lieflingsblom sê Du Toit sy gee net gewone kompos en water na elkeen se behoefte. In Kimberley het haar tuin ook al bekendheid verwerf en lok die sonneblomme heelwat voete."Ek gee graag van my saadjies weg ook. Sommige mense het al sukses met dit bereik en ander nie". Sy sê die rede hiervoor is dat die sade baie versigtig gehanteer moet word, omdat hulle maklik kan verbaster. "Die sonneblomme gee vir my innerlike vervulling. Ek glo dit is omdat hulle soveel liefde kry dat hul so mooi groei," sê sy.Volgens haar deel haar man haar liefde vir die mooi tuin en waardeer hy elke blom wat uitkom."Is hulle nie pragtig nie?" vra sy elke nou en dan terwyl ons deur die tuin stap."Die blomme is nou maar eenmaal my hart se punt,"
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|