Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Inwoner se droogtetuin 'n tuin met 'n verskil
AS jy nie baie tyd het om tuin te maak nie, maar allerlei goeie planne kan beraam, kan jy 'n tuin met 'n verskil aanlê. Ds. Hein Kotze van Barry Richterrylaan 160 in Uitsig se droogte-tuin het die afgelope jaar gestalte gekry. Hy vertel dat hulle 'n doodgewone tuin met grasperk om die huis gehad het, maar besluit het om van nuuts af tuin te maak. Hy het toe die idee gekry om 'n tuin wat min instandhouding verg aan te lê. Hy vertel dat hy in die aand lê en planne maak en sodra hy 'n tydjie het, bou hy en 'n paar helpers die mure en ander strukture. Daar is 'n paar dammetjies, talle hoekies met selfgemaakte houtbankies en 'n oorvloed welige varings, geharde aalwyne en echeverias. Kotze sê die echeverias werk baie goed as randbedekker in die beddings en vermeerder sommer self vinnig. Stap 'n mens van die voordeur met die paadjies langs na die sytuin, lei 'n sandsteenmuur met 'n regte ou plaashekkie jou deur na die welige kruietuin. Hierdie tuintjie het verskillende laventels en 'n verskeidenheid ander gebruik- en lekkerruikkruie. In 'n ou groen Volkswagen-Kewer waarvan die dak afgesny is, het hy 'n interessante kruie-akkertjie met onder meer pietersielie staangemaak. Dié ou wrak is met groot moeite hier as fokuspunt in die tuin ingebring. Hier neffens staan ook twee ou ossewa-wiele en 'n ou fiets het sy staan teen die sandsteenmuurtjie gekry. Kotze sê daar kort eintlik nog 'n plaashek met baie sentimentele waarde wat mettertyd hier 'n plekkie sal kry. Dié tuin verg regtig min aandag en Kotze sê dit is eintlik net nodig om so af en toe goed nat te maak. 'n Pluspunt is dat dit 'n redelike immergroen tuin is wat ook in die wintermaande netjies lyk. Hier is allerlei wegsteekhoekies onder die gevestigde koeltebome se skaduwees waar hy en sy gesin hulle in die 'nuwe' tuin kan verlustig.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|