Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Oudhede dié twee se passie
WELKOM. - 'n Ongelooflike versameling oudhede wat oor 20 jaar bymekaargemaak is, maak 'n besoek aan Shaune Watt en Tom de Wet se huis in die stad 'n interessante ervaring. Soos met die meeste versamelings het elke meubelstuk en ornament 'n storie. Dié twee sê as jy 20 jaar gelede vir hulle sou ê dat hulle 'n huis vol oudhede sal hê, hulle jou sou uitlag. "Ons huis was hiper-modern en tipies van die jare tagtig was daar winkelpoppe, geverfde fietse en baie prim&3234;re kleure." Nadat De Wet 'n geelhoutkis van sy ouers gekry het, het die gogga hulle behoorlik gebyt. Hulle gaan minstens een keer 'n jaar Kaap toe waar hulle nog meer antieke skatte bekom. Hulle het verskeie roetes in die Kaap waar hulle honderde handelaars van antieke ware besoek. Blou porselein is een van hul groot liefdes en 'n mengelmoes daarvan word in die kombuis en eetkamer uitgestal. "Dit is soos 'n siekte. Ons soek net die hele tyd ou goed." Hulle het ook 'n mooi versameling Royal Albert-teekoppies met verskillende patrone. Die meeste van hul meubels is van eikehout en hulle het 'n voorliefde vir meubels met barley-twist-pote. "Wat lekker is, is dat die waarde van antieke goed net toeneem. As ons dus 'n stoel sien waarvan ons hou, dan verkoop ons net een van dié wat ons reeds het om sodoende daarvoor plek te maak. Maar dit is soms moeilik om van ons goed ontslae te raak om plek vir 'n beter of mooier stuk te maak. Van ons meubels het ons al meer as 20 jaar." 'n Meer onlangse gogga wat gebyt het, is Moorcraft-versamelstukke. Dié pottebakkerskuns is nou baie gewild en skaars en dateer van die vroeë twintigste eeu. Roosskilderye, veral die werk van Jeanette Dykman, het ook 'n spesiale plek in hul huis. De Wet het onlangs ook die Art Nouveau-tydperk "ontdek" en het reeds twee silwerbeelde uit dié era gekoop. Omtrent net die yskas, mikrogolfoond en wasmasjien in dié twee se huis kom nie uit oudhedewinkels nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|