Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Raad om 'n lekker onthaalruimte te skep
"Dit is belangrik om te kyk na waar jy maksimum gebruik kan kry sonder 'n nadelige invloed van die weer," sê mnr. Errol Hendrickse, leefstyl-argitek van Kaapstad. "Ek probeer altyd kyk hoe ek beskut kan wees teen die wind en hoe dit 'n onthaal gaan raak." Anita Rossouw en Lounette Fourie, Sarie se dekorredakteurs, meen "koelte, 'n lekker tafel en gemaklik sit is van die belangrikste faktore". "Koop kussings vir jou buitestoele en maak seker dat jy 'n ekstra bedien-tafeltjie het om goed op neer te sit. Só hoef jy nie aanmekaar kombuis toe te hardloop nie. As jy nie buitemeubels het nie, dra jou eetkamermeubels en 'n gemakstoel of twee buitentoe," is hul raad. Hulle meen ook jy hoef nie noodwendig 'n stoep te hê nie. "Onder 'n boom, prieël of sonsambrele kuier jy net so lekker." Hendrickse stem saam. "Dit is wat jy daarvan maak. Al wat jy nodig het, is ?n paar stoele en 'n tafel." Me. Nicky Tyers van Colonial House Design (CHD) in Kaapstad is van mening as jy ?n bedekte stoep het, is dit wonderlik. Enige mooi deel van jou tuin of binnehof is egter geskik vir buite-onthaal. "As jou ruimte genoeg is, belê in mooi buitemeubels, byvoorbeeld 'n tafel en stoele geskik vir wind en weer en selfs 'n kas waarin jy jou stoepgoed kan bêre. "As ruimte beperk is, kies opvoumeubels,? sê Rossouw en Fourie. Tyers meen jy kan enige stoele of tafels gebruik wat jy het. "Die belangrikste bykomstighede is jou tafellinne, breekgoed, tafelgerei, glasware en lanterns. Gebruik blommerangskikkings met vrugte, olyftakkies, bossies laventel of roosmaryn vir daardie ietsie spesiaals," sê sy. "Werk met die eetgerei wat jy het," is Rossouw en Fourie se raad. "Buite-kuier is van die lekkerste kuiers en dit beteken jy wil uit mooi glase en borde eet. Helder kleure is ?n goeie opsie vir buite," voeg hulle by. "Ek gebruik gewoonlik plastiek. Jy kry deesdae goed in die winkel wat nie so lelik lyk soos vroeër jare nie," sê Hendrickse. Vir stoele voel hy dis belangrik om stoele te gebruik wat jy kan wegpak of skuif. "Die keuse bly egter joune en jy moet kies volgens die gevoel wat jy wil skep. Die mooiste plastiekmateriaal vir tafeldoeke is beskikbaar en die meeste van die materiaal-huise het ook materiaal wat geskik is om buite te gebruik," sê Rossouw en Fourie. Jy kan ook net plekmatjies gebruik pleks van 'n tafeldoek. Tyers sê: "As jy net wit lap het, gebruik ondervilt onder die lap om dit 'n fluweelgevoel te gee." Rossouw en Fourie stel voor jy gebruik sagte lig soos dié van lanterns om 'n lekker, gesellige atmosfeer te skep. "Dis ook prakties, want die wind kan nie die vlammetjies doodwaai nie." Hendrickse stem saam. "Lanterns spaar ook krag. Moet nooit jou buiteruimte oorbelig nie, omdat dit afbreuk doen aan die sagte atmosfeer wat jy kry as jy onder die sterre kuier."
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|