Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Hotel in Kalahari spog met nuwe baadjie
Mar 31 2008 03:51:35:400PM  - (SA)  
andré botha



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

VANZYLSRUS. - Vir baie jare was die Gemsbok-hotel 'n legende onder besoekers aan Vanzylsrus 'n gewilde oornagplek vir mense wat dieper die Kalahari in gereis het.
Toe Petro Jonker die hotel verlede jaar oorgeneem het, was die gebou egter nie meer in 'n goeie toestand nie.
Sy het besluit om die gebou tot op die grond af te breek, en op die oorspronklike fondamente 'n nuwe hotel te bou.
Die Vanzylsrus-hotel, soos dit nou heet, het in Desember sy deure oopgemaak.

Onder Jonker se leiding is sedert April   verlede   jaar   gewoel   en gewerskaf   om   'n splinternuwe hotel te skep.

Vriende en familie het ook hand bygesit.

Dit wat in die ou hotel was en nog bruikbaar was, is in die bou van die nuwe hotel gebruik.

Elke kamer het sy eie tema.

Só is daar byvoorbeeld die Molopo-kamer met 'n vistema, gedagtig aan miljoene jare gelede toe die Molopo-rivier naby Vanzylsrus, nou meestal net 'n droë rivierloop, waarskynlik 'n bruisende rivier met baie visse was.

Om deur die hotel te stap is byna soos om deur 'n kunsgalery te stap. Kunswerke versier die mure, en selfs die toiletdeksels is versier met klippies.

Jonker het in 2006 op Vanzylsrus aangekom om by haar swaer en suster, mnr. Gawie en mev. Bardene Thirion, op hul plaas in die distrik te kuier. Haar vorige besoek was juis vir haar suster en swaer se troue. Tydens dié kuier het sy gehoor die hotel is in die mark, en sy het vir haar man, Elbie, gesê sy wil die hotel koop.

Sy reaksie was dat sy van haar sinne beroof is.

Sy is nie ontmoedig nie en het in April verlede jaar die hotel oorgeneem. Hoewel die hotel nog nie lank in sy   nuwe   gedaante   aan   die gang is nie, sê Jonker sy is bemoedig deur die ondersteuning van die gemeenskap en selfs buitelandse besoekers het al hier oorgeslaap.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer