Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Kry jou tuin reg vir kompetisie
DIE tweejaarlikse Rooskonvensie vind vanjaar in Bloemfontein plaas en die plaaslike komitee van die Vrystaatse Roosvereniging is flink besig met al die reëlings. Tesame met 'n vol program wat die naweek van 16 ? 19 Oktober aangebied gaan word, wil die vereniging inwoners nou al aanmoedig om hul tuine vir die tuinkompetisie in te skryf. Dit is nou die perfekte tyd om 'n besluit te neem om jou tuin vir dié kompetisie in te skryf en in die volgende paar maande hard te werk om jou tuin op standaard te kry. Twee van die sprekers wat op die konvensie gaan optree, die Amerikaners John Sheldon en sy dogter, Robyn, gaan help met die finale beoordeling van die tuine. John is in Amerika bekend vir die pryswenner-rose wat hy kweek. Hy het navorsing gedoen oor wat werk en wat werk nie. Robyn het reeds van jongs af in rose belang gestel en sommer vroeg-vroeg haar eerste roos gekweek. Die wenners van die tuinkompetisie gaan op die Roosfees se prysuitdelingseremonie bekend gemaak word. Bloemfonteinse tuiniers kan hulle in een van twee kategorieë inskryf roos- en gemengde tuine. Onder al twee kategorieë is daar die volgende onderafdelings: ) Ondernemingstuine en dié van instellings (kerke, hospitale, gastehuise, skole ens);
Of jy dus 'n tuin het wat hoofsaaklik uit rose bestaan, of 'n tuin wat uit 'n verskeidenheid plante bestaan, jy kan jou vir dié kompetisie inskryf. Die subkategorieë maak dit vir talle tuine moontlik om pryse te wen omdat klein tuine nie teen groot tuine meeding nie en ou tuine geen bedreiging vir jong tuine inhou nie. Die kompetisie word aangebied deur die Mangaung-munisipaliteit se direktoraat parke en begraafplase in samewerking met die Roosvereniging en Mimosa Mall. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kantore van die direktoraat parke en begraafplase in Zola Buddstraat, Willows. Die inskrywings sluit op 3 Oktober om 12:00 en die beoordeling vind van 13 tot 17 Oktober plaas. Navrae oor die kompetisie kan gerig word aan Dawie Coetsee by 051-405-8127 of dcoetsee@civic.mangaung.co.za.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|