Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Tuin verleng leefgedeelte van dié huis
Apr 15 2008 12:02:40:737PM  - (SA)  
lientjie mentz



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BRANDFORT. Saam met die bouplanne van hul nuwe huis in Mimosastraat 11 het mev. Isabel van der Merwe 'n tuin ontwerp wat pragtig vertoon en bitter min moeite verg.

Sy en haar man, dr. Gerrit van der Merwe, het 'n nuwe huis gebou reg agter die huis waarin hulle jare lank gewoon het. In Februarie 2007 het die groot bouproses begin en toe hulle in Januarie hier ingetrek het, was die tuin reeds heeltemal klaar.

Die tuin bestaan uit plaveipaadjies tussen gedeeltes wat met verskillende soorte rivierklippe en gekapte sandsteen bedek is. Onder die klippe en stene is plastiekseile gelê wat verhoed dat onkruid die tuin ontsier en stof die klippe vlek.

Die plante is goed gekies om so min as moontlik water te gebruik en terselfdertyd nie baie blare in die tuintjie te mors nie. Een bedding bestaan uit verskillende kaktus-plante wat afsonderlik of gesamentlik 'n treffende fokuspunt vorm.

'n Groot fontein in die middel van die tuin, asook 'n fonteintjie by die voordeur, verseker die geplas van water sal altyd die tuin in die warm somermaande "afkoel".

Weens haar gesondheid wat verhoed dat sy so flink soos vroeër jare in die tuin kan werk, was dit vir haar baie belangrik om die tuin so gerieflik en met so min moeite moontlik in stand te hou.

Die meeste plante kan sommer met 'n gieter natgelei word en dit is net die akkertjies teen die buitenste mure wat 'n bietjie meer aandag verg. Sy sê selfs die stormwatervore is so ontwerp dat nêrens waterpoele staan ná goeie reën nie. Inteendeel, ná 'n goeie bui reën lyk dié tuintjie vars en skoon.

Sy sê hoewel die aanvanklike uitleg van die tuin redelik duur was, spaar dié soort tuin later baie, omdat die instandhouding daarvan so min verg.

Die huis is grootliks om die tuintjie ontwerp. Van der Merwe sê dit is eintlik maar net 'n groot meenthuis, maar wat perfek ingerig is vir die twee se behoeftes. Die werkkamer/braaikamer en altwee slaapkamers is met oopskuifdeure met dié moderne tuin verbind om die huis se leefgedeelte na buite te laat vloei. In plaas van gordyne is daar vollengte hortjieblinders wat soos oopvoudeure oop- en toeskuif.

Van der Merwe bestee baie van haar tyd in die werkkamer waar sy self klere en ook die mooiste teddiebere maak. Sy behoort aan 'n klub en skryf gereeld haar handgemaakte bere vir skoue in.

Natuurlik put die kleinkinders ook vreugde uit dié stokperdjie. Sy sê haar talente en die nuwe huis wat hulle kon bou, is net genade van die Here af.

"Ons bly so lekker, ons wil deesdae nêrens heen gaan nie," sê sy.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer