Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-26°CVoorspellings |
|
Uitbundige, ronde roostuintjie lok jou nader
'n Digte wolkbank keer die laatmiddagson af. Dit keer egter geensins dat die uitbundige roostuin jou nader lok om deur te stap en die een pragtige blom ná die ander te waardeer nie. Mev. Rene Hodgson vertel hoe verbygangers nuuskierig deur die heining geloer het toe sy sewe maande gelede by hul nuwe meenthuis in Rusticana, Pentagonpark, aan die werk gespring het. In die vier weke voordat hulle September verlede jaar hier ingetrek het, het sy die hele tuin uitgelê. Sewe maande later kan 'n mens beswaarlik glo dat dit dieselfde tuin is waarin die plantjies 'n paar maande gelede yl-yl bo die grond uitgesteek het. Die tuin ? sonder tradisionele grasperk is uitgelê in verskillende "kamers" waarvan die sirkelvormige roostuin 'n uitsonderlike kenmerk is. Benewens dié tuintjie is daar ook 'n "Toskaanse" tuintjie met sitrusbome en laventel, 'n "bos" met 25 berkebome, 'n sirkelvormige groentetuin en in die hoek twee kweekhuise met Rene se uitgebreide orgideeversameling. In die roostuin het sy 100 rose geplant, 5 plante van elke soort bymekaar. Dít verseker dat elke groepering rose 'n mooi prentjie vorm. Die idee vir dié ronde roostuintjie het die Hodgsons gekry toe hulle 'n paar jaar gelede deur Christchurch se botaniese tuin in Nieu-Seeland gestap het. Rene sê sy kon nie glo hoe goed die rose in dié vogtige toestande daar groei nie. Die roostuintjie is om 'n voëldammetjie gebou met vier boë met rankers aan die buitekant. Sirkel-paadjies voer jou tussen die rose deur sodat jy kan kyk, ruik en waardeer. Daarnaas het Rene vyf verskillende sitrusbome geplant wat ?n chinotti, koemkwat, suurlemoen, pomelo en calemonden insluit. Tussendeur is laventelbosse wat reeds welig groei en goed aanpas by die Toskaanse boustyl van die meenthuis. In die groentetuin het Rene 'n groot verskeidenheid groente en kruie geplant wat mildelik in die kombuis gebruik word. Dit sluit groente soos tamaties, soetrissies, boontjies, beet, uie, grasuie en kruie soos pietersielie, soetbalsem, roosmaryn en vele meer in. Afrikanertjies gee kleur aan die groentetuin en hou slakke weg van die gesonde groente. Nüg 'n praktiese aanplanting is die sitroen-kruid naby die stoep wat muskiete in die warm somernagte op 'n afstand hou. Rene is die groot tuinier in die huishouding, maar sy vertel dit is haar man, Frank, wat gereeld met 'n gifkan deur die tuin loop en al die plae van die plante afweer. In die middel van die tuin is 'n besonderse beelde-fonteintjie wat ál die dele van die tuin in 'n hegte eenheid saamsnoer. Die Hodgsons sit graag op die stoep en kyk hoe allerlei voëltjies hulself op die groepe voerders hier geniet. Net voordat ek groet, loer die laatmiddagson deur die wolke. Ons stap motor toe, verby die Dawid-beeldjie wat oor die kleurvolle inheemse voortuintjie waak. Die laaste oranje strale van die dag speel oor die pienk engelvlerkies in die bedding hier. Net so vinnig. Sü asof die son knipoog oor alles wat dié begaafde vrou die afgelope paar maande in dié tuin vermag het.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|