Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-26°CVoorspellings |
|
Kleur speel 'n belangrike rol in dié tuin
In die voortuin sien 'n mens reeds hier word moeite gedoen om mooi te maak. Groot stukke bamboes (al die pad uit KwaZulu-Natal) in potte gee 'n moderne inslag in die tuin vol blomme en potte en plante met verskillende teksture en kleure wat mekaar aanvul. Jy kom gou agter kleur speel hier 'n belangrike rol. Mev. Estelle Erasmus en haar man, Rassie, bly al 24 jaar in hul gerieflike huis in Bankovsboulevard 47, Langenhovenpark. Erasmus sê sy is mal oor wit as agtergrondkleur en sy glo 'n huis moet natuurlik lig wees sodat 'n mens kan "asemhaal". Die woonvertrekke, eetkamer en gang is uitgevoer met wit teëls en daar is heelwat vensters met wit blindings voor wat oopgetrek word om sonlig die huis te laat instroom. En alles is netjies op sy plek. Die eerste kamer aan die regterkant is ingerig vir Erasmus se kleinkind, Megan, wat soms hier by haar ouma kom kuier. In pas met 'n vierjarige se smaak is die spierwit duvet opgedollie met die mooiste helderpienk bykomstighede. Voor die gordyne hang 'n pragtige pienk-en-wit rokkie wat sommer ook as versiering dien. In ál drie slaapkamers skep wit die agtergrondkleur. Die tweede kamer waaruit haar een dogter 'n paar jaar gelede getrek het, het aanvanklik 'n olifant-tema gehad. Toe gaste kort ná die dogter se uittrek besluit het om te kom kuier het Ma besluit die kamer moet nuut ingerig word. Die wit duvet is aangevul met helderoranje bykomstighede wat sy oral in winkels in die stad gekry het. Die hoofslaapkamer het 'n regte strandhuis-gevoel, waarskynlik versterk deur die ry wit geraamde prentjies bo die dubbelbed. Verder dien een van die dogters se silwergrys matriekafskeidrok en skoene as dekor teen die muur. Erasmus sê dit het net nie reg gevoel om dié spesiale (en duur) rok iewers in 'n kas weg te steek nie. 'n Silwergrys deken oor die duvet herhaal die kleur van die rok en skakel perfek by die kamer in. Agter in die tuin wys dié ouma en ma van twee vir my trots haar impatiens wat so pragtig blom. Die meeste mense het die afgelope seisoen gesukkel met impatiens, maar hier blom dié blomme op die stoep vrolik in wit en pienk. Sy maak baie gebruik van blomme in potte wat geskuif kan word om verskillende effekte op verskillende plekke te kry. Sy sê sy geniet dit om telkens weer nuwe eenjariges te plant sodat daar maar altyd iewers kleur in die tuin is. Sy geniet haar tuin met elke blommetjie en veral die plante wat elke seisoen iets spesiaal optower. Soos die nandinas wat hier in die vroegherfs hul groen blare vir allerlei pragtige skakerings van rooi verruil. Die struike vorm 'n kort heining voor die huis en verseker hier is heeljaar kleur en kontras voor die spierwit mure. Erasmus geniet dit so baie om mooi te maak dat sy al vriendinne gehelp het om hul huise te verfraai en selfs in die toekoms meer mense wil help om hul huise en tuine op te dollie. Want dié ouma het 'n oog vir mooimaak.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|