Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 6-24°CVoorspellings |
|
Vlytige verfkwas vaal kolle se moses
ROUXVILLE. - Sy noem haarself 'n kompulsiewe verwer en die bewyse van haar vlytige kwas wat enige vaal kassie in 'n kunswerk verander, is oral in die huis sigbaar. Mev. Ina Nel is egter geseën met ander talente ook soos om pragtige kwiltwerke en ander kunswerke te maak. Van dié werke versier van die slaapkamers in hul huis in Kerkstraat 20. Vaal hoekies soos die opwaskamer se wasbakkassie en die panele bokant die kombuiskas wat die geiser versteek, het danksy haar verfkwas interessante fokuspunte geword. Ook kamerdeure en die eetkamerdeur het op dié manier karakter gekry. Die meubels in haar en haar man, Willem, se huis het sommer baie stories. Soos die pragtige ou geelhoutkas wat jare lank op haar skoon?ouers se plaas gestaan het. Dit was 'n werkkas waarin potte gebêre is, maar sy het die potensiaal gesien en dit afgeskuur. Nou pryk dit in die sitkamer. Ook 'n stel pragtige erdepotte het danksy haar kennersoog nog 'n lewe gekry as dekorartikels in die sitkamer. Dié potte waarin olie afgetap is, het in 'n ou skuur gestaan. Sy het toestemming gekry en die potte skoongeskuur en siedaar. Sy gebruik graag dit wat ander mense weggooi en sal nooit in die veld ry sonder om op die uitkyk te wees vir iets wat nuttig is nie. Sy sê sy ry nêrens heen sonder om iets interessant huis toe te bring nie. Koeëlronde klippe, ou geroeste melkkanne, trommels, kissies, kassies, blikke en bottels het al 'n plekkie in dié huis gekry. Een van die ander kosbaarhede is die dooprokkie waarin vier geslagte se kinders al gedoop is. Dit word as dekorartikel in die gang vertoon en is gereed vir nog 'n paar doopplegtighede. Die flukse onderwyseres sê sy probeer al haar talente gebruik, want die lewe is kort en 'n mens kry net een kans om jou bes te doen.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|